4 Susters en dogters kuier hier

4 Susters en dogters kuier hier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Karin van Zyl , Anita Fourie, Ronel Fourie, Sulette Wentzel, Madelein Wentzel-Feyt*, Annette Lötter*, Hester Wentzel (Annette se skoonsuster), Mona Kotze* en Rolien Fourie* (* = 4 susters)

“Een van die groot redes waarom ons die tradisie handhaaf om een maal per jaar weg te breek, sonder die mans, is om die waarde van familie lewendig vir ons dogters en hulle dogters te hou,” vertel Annette Lötter, een van 4 susters. “Ons wil buite ons werks- en daaglikse lewens bymekaarkom om mekaar weer te geniet soos toe ons onsself as kinders geniet het.”

Die 4 susters, Annette Lötter, Madelein Wentzel-Feyt, Mona Kotze en Rolien Fourie en Annette se skoonsuster, Hester Wentzel, asook hulle dogters, Karin van Zyl, Anita Fourie, Ronel Fourie en Sulette Wentzel, het Gansbaai gedurende die naweek van 7-9 Maart behoorlik binne-gestorm. Tussen hulle is daar 6 kleinkinders. Annette sê hulle het in ‘n groot, maar hegte gesin grootgeword en daar is ook 3 broers. “Veral die jongklomp sorg vir vele vermaak en ons wil graag dat hulle dit aan hulle kinders oordra.”

Hulle het Vrydagoggend by hul huisie te Uilenkraalsmond aangekom. Elke jaar is daar ‘n tema en vanjaar se tema was die dra van selfontwerpte, “verspotte” donkerbrille. Eerste aan die beurt was Gansbaai Superspar - vir kos, en hulle spog met die vriendelikheid daar en daar is sommer ‘n foto ook van hulle saam met die bestuurder geneem. Die res van die Vrydag was dit wandelinge langs die see en sommer selfvermaak met speletjies en dies meer. “Asof ons nie alreeds genoeg kos gekoop het nie, het ons Saterdagoggend ‘n ontbyt in Gansbaai se vriendelike Wimpy geniet.” As gevolg van die reënweer het hulle hulself te Uilenkraalsmond vermaak, wat onder andere ‘n “80’s Disco Diva Modevertoning” ingesluit het.

Daarna is Gansbaai met hulle donkerbrille binnegevaar waar hulle Pep Stores behoorlik met luide geselsies en aankope op horings geneem en waar die ontmoeting met Gansbaai Courant gereël is. “Sondagoggend is ons besoek met godsdiens afgesluit, wat ons met heimweë na moeder/ouma laat terug verlang het, asook een van ons susters wat al oorlede is verlang het,” sê Annette. “Hierdie besoek is ‘n jaarlikse tradisie en julle gaan ons beslis weer sien, saam met ons kleindogters en ‘n nuwe tema - and remember, we will be back!”

Hardus Botha

4 Susters en dogters kuier hier

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles