Suksesvolle Skemerstap

Suksesvolle Skemerstap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Registrasie en die klink van ‘n glasie sjampanje voor die “groot wegspring” tydens vanjaar se Skemerstap

Die staptog het begin

‘n Halfpad-lafenissie by die Ramsauers

“Op 5 Maart het ons ‘n winderinge wegtrek beleef en al wandelend die wonderlike skepping beleef en die Here daarvoor gedank,” vertel Francia van Dyk, organiseerder van die jaarlikse Skemerstap ten bate van Gansbaai Nasorgsentrum langs Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes.

Soos gebruiklik is ‘n glasie sjampanje kort voor die wegspring by Kleinbaai Sleephelling geklink. “Net na die klipperige kuspaadjie om Rooikransies, het die Ramsauers ons vir ‘n lafenis met yskoue suigstokkies bederf,” sê Francia. “Daarna is die laaste entjie tot by die Strandveld Museum aangepak, waar alles gesellig en vreed(t)saam verloop het.” Daar het die gasheer en -vrou, Helmie en Amanda de Vries saam met hulle span seker gemaak die 183 wandelaars (210 het ingeskryf) kort- en langasems geniet hulself met ‘n heerlike worsrol, turksvye, roompoffertjies en koue drinkgoedjies (natuurlik Helmie se verantwoordelikheid).

Francia sê heelparty vorige stappers oor vele jare heen kon nie meer saamstap nie, maar het die groep by Strandveld Museum ingewag. Bedankings is te veel om op te noem, maar ons wil net aan almal wat dit nie kon meemaak nie, darem ‘n bietjie jaloers maak.”

Francia doen graag die volgende bedankings: die skinkers en skenkers van die sjampanje; almal vir hulle wonderlike hulpvaardigheid; Gansbaai Superspar wat soos gewoonlik deel van die heuglike aand was; die ambulans, al het dit verniet heen en weer gery, want niemand wou  inklim nie; White Shark Projects vir hul bussie en Jerome beskikbaar gestel het aan Das en Henk om dit te bestuur. “Nogmaals baie dankie aan almal wat saamgestap het en veral vir die staporganisering deur Anita Botha - julle is ‘n span duisend.” Francia  se groot  dankbaarheid  gaan aan elke persoon wat ‘n donasie gemaak het, hoe groot of klein ookal. “Dalk maak ons volgende jaar weer so!”

Hardus Botha

Klein Neve (3 maande) van Johan en Heidie Kruger het die stappery die meeste geniet

Uiteindelik, die einpunt het aangebreek vir ‘n worsbroodjie en ander lekkernye - Ingrid en Crofton Arbuthnot

Suksesvolle Skemerstap

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles