Ontmoet Fynbos Akademie

Ontmoet Fynbos Akademie

Gansbaai Courant

Die opgewonde groep leerders van Fynbos Akademie, met die onderwysspan regs voor Joanie Smith en Rochelle Bantom en agter Christine van Wyk, Annelize Zeelie, Desiree Lucas, Angelique October en Elsebet Long

Fynbos Akademie is sowat 20km vanuit Stanford geleë en is 6 jaar gelede as ‘n dag-sorgsentrum vir plaas-werkers, asook die wyer gemeenskap, se kleuters gestig.

“Aan die begin van 2013 is ‘n ooreenkoms met die skoolhoof van Laerskool St Paul’s, asook met die Wes-Kaapse Onderwysdeparte-ment aangegaan om Gr R, 1, 2 en 3 te akkommodeer.

Sedert die begin van 2014 het Gr RR en Gr 4 ook by ons aangesluit,” sê Annelize Zeelie. Sy is vir alle administratiewe funksies en “wat-nog” van Fynbos Akademie sedert 2013 verantwoordelik, nadat sy as ‘n skoolhoof in KwaZulu-Natal afgetree het. In 2012 is die Fynbos Community Foundation (FCF) onder plaaswerkers as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer. Wat dus aanvanklik in 2011 bedoel was as ‘n dagsorgsentrum, het intussen na ‘n volwaardig laerskool uitgebrei, vanaf Gr RR tot Gr 4, met ‘n totaal van 56 leerders en 6 onderwysers. Joanie Smith (Gr 4 - Skoolhoof en Administrateur), Desiree Lucas van die WKOD (Gr 3), Elsebet Long (Gr 2), Angelique October (Gr 1), Christine van Wyk (Gr R) en Rochelle Banton (Gr RR). Dan is daar ook 2 logistieke werkers, Elsie Maclain en Daneel Tieras wat vir skoonmaakdienste en die voorbereiding van etes en die wassery verantwoordelik is. Ondanks die feit dat Fynbos Akademie die grondslagfase van St Paul’s vorm, funksioneer dit onafhanklik en onder toesig en gedeeltelike befondsing deur die FCF. Oggend- en middagetes word aan die leerders verskaf.

Naas alles wat Annelize doen, is sy ook koshuismoeder. “Aanvanklik was daar net twee koshuisleerders,” sê sy. “Ons het in ‘n ou melkstal, wat deur die plaaseienaar in ‘n huis omskep is, gewoon.” Die koshuisleerders het intussen na 6 uitgebrei, maar die plaaseienaars het na Stanford verhuis en die plaashuis vir Annelize en haar koshuisleerders beskikbaar gestel. ‘n Erediens word elke tweede Sondag deur Riaan Plaatjies aangebied. “Ons ouers is meestal plaaswerkers, maar wat vir ons so wonderlik is, is dat die eienaar van die plaas eenvoudig sy skuur verander het in 'n skool en personeel aangestel het wat hy grootliks self betaal.” Die leerders van hierdie skooltjie behaal uitstekende resultate en het al met pragtige toekennings op akademiese-, sport- en kultuurgebiede weggestap. “Op 19 Maart besoek die 'Kuier'-tydskrif ons nadat ons 'n kompetisie waaraan skole kon deelneem, gewen het,” vertel Annelize. “Ons is baie dank aan Koos en Joanie Smith van die plaas Langverwacht verskuldig. Eerstens het hulle die geboue op die plaas beskikbaar gestel en ook die nodige veranderinge aangebring, insluitend die instandhouding en verdere uitbreidings sedertdien, om nie eens van alle andere bydraes en salarisse te praat nie,” sê Annelize. “Sonder hulle sou daar nie ‘n Fynbos Akademie gewees het nie.”

Annelize sê belangstellendes is welkom om te kom kuier en vir enige navrae en/of ondersteuning kan sy by 074-333-4463 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annelize.zeelie@gmail.com.

Hardus Botha

Ontmoet Fynbos Akademie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles