Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die toernooi waaraan besighede van Gansbaai deelgeneem het, het op 11 Maart 2014 ten einde geloop.  Die twintig spanne wat in die uitdunrondtes teen mekaar gespeel het, is in verskillende afdelings ingedeel volgens die posisies wat hulle op die punteleer beklee het om teen mekaar te speel om die algehele kampioen en die wenners van die plaat en skild afdelings te bepaal.  Die beste geklede span en die span wat die hardste probeer het, is ook aangewys.

Die uitslae is soos volg:

2014 Kampioen: L & S Motors: Juan, Theuns, Gallie en Nico – Spanbestuurder: Tommie van Niekerk.

2014 Plaatwenner: Zonart Gas en Braai: Stella, Leon, Bev en Clive – Spanbestuurder: Freddie van Eeden.

2014 Skildwenner: Lumber City: Juanita, Nico, André en Leon – Spanbestuurder: Derick Spearpoint.

2014 Besgeklede Span: Watertech Plumbing: Joana, Quintin, Venessa en Martin – Spanbestuurder: Jane de Villiers

2014 Span wat hardste probeer het: O.K. Foods: A.J, Gail, Nicolene en Aphiwe: Spanbestuurder: Cassie Smith.

Hierdie toernooi was seker die beste een wat deur Franskraal Rolbalklub aangebied is.  Behalwe dat dit goed georganiseer was, het die deelnemers 'n groot aandeel daarin gehad om dit 'n genotvolle ondervinding te maak.  Dit was 'n plesier om die geesdrif van die spelers te aanskou en mee te maak. 

Selfs die kinders wat hulle eie speletjies gespeel het tydens hulle ouers en vriende se kaperjolle op die perke, het bygedra tot die opgewonde atmosfeer wat geheers het.  Wie kan nog twyfel daaraan dat rolbal uitstekende vermaak vir die hele familie bied!

Daar kan nie nagelaat word om dank te betuig aan die organiseerder van die toernooi, Archie Chambers, die Spanbestuurders en die lede wat verversings en eetgoed voorsien het nie.  Dit het grootliks bygedra tot die sukses van die toernooi.

Franskraal Rolbalklub sê dankie aan al die deelnemers.  Ons hoop ons kan dit volgende jaar op  'n groter skaal herhaal.

Pieter Conradie

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles