Kameralense

Kameralense

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groep Gansbaai Fotografieklub-lede, met voorsitter Christo Wessels (4de v links), en die aanbieder oor kameralense, Fritz van Zyl langs hom

Fritz van Zyl van ORMS Pro Photo Warehouse in Belville, was Gansbaai Fotopgrafieklub se gasspreker tydens die vorige byeenkoms. “Wees versigtig oor watter filters jy op jou lense sit, dit affekteer baie vinnig die skerpte en kontras van jou foto’s op ‘n negatiewe wyse,” het Fritz oor filters gesê.

“Die beste manier om te weet watter lens om te koop, is om te kyk wat pas jou doel die beste, wat is die regte hoek van veld vir onderwerpe en die regte bou-gehalte vir die omgewing en skerpte/detail wat jy benodig om ‘n spesifieke eindresultaat te behaal,” het Fritz gesê. “Indien jy nog nie ‘n spesifieke doel het nie, koop goedkoper of 2de hands om eers vas te stel wat jou werklike behoeftes is.” Hy het gesê duurder lense is nie noodwendig net duurder omdat hulle skerper of meer detail het nie, maar ook vir ander redes, soos om langer te hou; harder hanteer te word; deeglik afgeseël is sodat vogtigheid en stof nie maklik in die lens kan kom nie; vinniger fokus op byvoorbeeld motors; beter stabiliseerders en ander redes.

“Laastens, baie van die meer professionele lense het ook ‘n groter iris-opening regdeur die zoomreeks wat dan meer lig deurbring en skyn ook ‘n groter area op die kamera sodat die groter ‘full-frame sensors’ heeltemal met ‘n sirkel van lig sonder donker hoeke gedek word.” Hy het verduidelik dat elkeen van hierdie eienskappe die lens duurder kan maak, maar ook heelwat swaarder. “’n Lens moet nie ‘in ‘n boks’ geplaas word nie. So is ‘n 70-200 f2.8 byvoorbeeld ‘n populêre sport- en troulens, terwyl dit net so goed as ‘n landskaplens aangewend kan word.” Fritz het ‘n duursame fotografieklub-rugsak, ná ‘n gelukstrekking, aan ‘n gelukkige klublid oorhandig. Christo het met die volgende klubnuus afgesluit: Die klub se ID-kaarte is byna gereed; ‘n klubuitstappie na Bredasdorp op 22 Maart; ‘n Fotoboek werkswinkel deur Linda Kloppers op 24 Maart.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.                           

Hardus Botha

Kameralense

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles