Die aasvis is hier

Die aasvis is hier

Gansbaai Courant

Die feit dat daar galjoen vanaf die hawemuur by Gansbaai gevang word is nie uitsonderlik nie, maar die galjoen van 50cm wat die 3e van hierdie maand daar aangekeer is, is iets om oor huistoe te skryf. Mooi man, beslis iets om oor te spog.

Die manne vertel ook breëbors van mooi kabeljou wat nog steeds by die gewone plekke van die wal af gevang word. Ook die amperbootjies doen hulle ding. Ons het ‘n paar dae gehad wat dit ‘n plesier maak om see toe te gaan!

Wat vir my al die jare baie snaaks voorkom is wanneer die watertemperatuur baie laag is, kom ons praat van so 9, 10 grade, dit mos aangeneem word te koud is vir die vis om te byt. Dis nou wanneer jy met die boot op elke denkbare plek gaan lê maar onsuksesvol bly. Dan skielik beland jy op ‘n riffie en die vis het geen probleem om sommer wild aan die byt te gaan nie, Indien die water dan te koud is, waarom geld dit nie ook vir hierdie plekkie nie? Jy kan seker redeneer dat die riwwe skuiling bied en dat die water dalk in so ‘n geval warmer kan wees. Maar die plekke waar jy reeds onsuksesvol probeer het verskil omtrent nie van mekaar nie. Boonop is dit net ‘n meter of wat van mekaar af. Al logiese rede wat my aanbetref is dat die bodem self anders kan wees en so ‘n temperatuurverskil kan veroorsaak, en dít die rede is dat die vis skielik so knaend byt. En terwyl ons nou oplossings soek, en hierdie vraag het ek voorheen al gevra, waarheen gaan die vis wanneer daar vir ‘n heel ruk niks gevang word nie? En hoe weet die vis wanneer om op te hou byt, omtrent by al wat ‘n vangplek is, gewoonlik net na die middag?

Daar is so baie vrae te vra en nog een is (en dit het ek ook waargeneem), waarom die vis in visdamme ook maar traag is om te eet wanneer die weer blykbaar ongunstig is vir seehengel. Is dit omdat vis maar vis is?

Dit lyk asof die weer (dis bietjie vroeg om nou al akkuraat te voorspel) nie ongunstig gaan wees nie en onthou dat daar baie aasvis in die see is. Klein makrieltjies en nog kleiner snoekies dwaal hier rond en hulle moet ook mos grootword. Boonop is daar baie kriel in die water en waar wil jy nou ‘n beter lokmiddel hë? Nou die dag het ek vir die eerste keer van hierdie goed te siene gekry en dit kan maklik ‘n kruis tussen ‘n seeluis en ‘n krewel wees. Hoop dit was kriel!!

Intussen, lekker vang, Seemeeu

Die aasvis is hier

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles