Die aasvis is hier

Die aasvis is hier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die feit dat daar galjoen vanaf die hawemuur by Gansbaai gevang word is nie uitsonderlik nie, maar die galjoen van 50cm wat die 3e van hierdie maand daar aangekeer is, is iets om oor huistoe te skryf. Mooi man, beslis iets om oor te spog.

Die manne vertel ook breëbors van mooi kabeljou wat nog steeds by die gewone plekke van die wal af gevang word. Ook die amperbootjies doen hulle ding. Ons het ‘n paar dae gehad wat dit ‘n plesier maak om see toe te gaan!

Wat vir my al die jare baie snaaks voorkom is wanneer die watertemperatuur baie laag is, kom ons praat van so 9, 10 grade, dit mos aangeneem word te koud is vir die vis om te byt. Dis nou wanneer jy met die boot op elke denkbare plek gaan lê maar onsuksesvol bly. Dan skielik beland jy op ‘n riffie en die vis het geen probleem om sommer wild aan die byt te gaan nie, Indien die water dan te koud is, waarom geld dit nie ook vir hierdie plekkie nie? Jy kan seker redeneer dat die riwwe skuiling bied en dat die water dalk in so ‘n geval warmer kan wees. Maar die plekke waar jy reeds onsuksesvol probeer het verskil omtrent nie van mekaar nie. Boonop is dit net ‘n meter of wat van mekaar af. Al logiese rede wat my aanbetref is dat die bodem self anders kan wees en so ‘n temperatuurverskil kan veroorsaak, en dít die rede is dat die vis skielik so knaend byt. En terwyl ons nou oplossings soek, en hierdie vraag het ek voorheen al gevra, waarheen gaan die vis wanneer daar vir ‘n heel ruk niks gevang word nie? En hoe weet die vis wanneer om op te hou byt, omtrent by al wat ‘n vangplek is, gewoonlik net na die middag?

Daar is so baie vrae te vra en nog een is (en dit het ek ook waargeneem), waarom die vis in visdamme ook maar traag is om te eet wanneer die weer blykbaar ongunstig is vir seehengel. Is dit omdat vis maar vis is?

Dit lyk asof die weer (dis bietjie vroeg om nou al akkuraat te voorspel) nie ongunstig gaan wees nie en onthou dat daar baie aasvis in die see is. Klein makrieltjies en nog kleiner snoekies dwaal hier rond en hulle moet ook mos grootword. Boonop is daar baie kriel in die water en waar wil jy nou ‘n beter lokmiddel hë? Nou die dag het ek vir die eerste keer van hierdie goed te siene gekry en dit kan maklik ‘n kruis tussen ‘n seeluis en ‘n krewel wees. Hoop dit was kriel!!

Intussen, lekker vang, Seemeeu

Die aasvis is hier

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles