Wag

Wag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek wag op die HERE meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. Wag op die HERE, Israel, want by die HERE is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.” (Ps 130:6,7)

“Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.” (Rom 8:25)

Wag! Een van die kortste woordjies in ons taal, maar een met die langste betekenis. Kan jy nog onthou hoe moeilik was dit om te wag vir jou verjaardag of die oopmaak van die Kersgeskenke onder die  boom? Hoe swaar is dit nie om te wag as jy weet jou geliefdes is iewers op die pad en jy hoor niks van hulle nie! Wag is moeilik!

Sekerlik die moeilikste wag vir ons as gelowiges is wanneer ons iets vir GOD in gebed gevra het en dit gebeur nie. Om te wag vir genesing, hulp vir jou geliefdes,  vir uitkoms in jou finansiële nood – dit alles en nog baie meer is dinge wat ons in ons wag laat twyfel. “Hoe lank nog, HERE?” is baie keer ons uitroep na bo as ons net nie meer kan nie.

Onthou jy nog hoe jou ma jou weggestuur het as jy aanhou vra: “Hoe lank nog?” met die woorde: “Wees net geduldig, my kind. Gaan speel nou buite!”  Dis met dieselfde woorde wat GOD ons antwoord as Hy vra dat ons met volharding moet wag. Volharding kweek in ons egtheid van geloof, (Rom 5:4) –ja, vertroue in GOD – want Hy is immers in beheer van alles. As jy glo GOD is in beheer, sal jy ook bereid wees om te wag totdat Hy die dinge laat uitwerk en gebeur volgens Sy wil. GOD se uitstel is nooit sonder rede en liefde nie. Hy wat immers alles ten goede in jou lewe laat uitwerk (Rom 8:28), weet ook om jou nooit bo jou kragte te beproef nie (1 Kor. 10:13). Glo jy dit?

Wag is nooit maklik nie. Die Israeliete het duisende jare lank gewag voordat Jesus op die regte tyd op die aarde verskyn het. Dis nou al weer tweeduisend jaar verder en Jesus se belofte dat Hy weer gaan kom het nog nie gebeur nie. Wat ek en jy wel moet weet is dat Hy verseker weer kom op die wolke en Hy kom ons haal. Kom ons wag geduldig totdat GOD se planne vir ons lewe uitwerk volgens Sy gróót plan. GOD is getrou! Wag en jy sal sien!

Wag

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles