Blog

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

As deel van hul 30ste verjaarsdagvieringe het die Overberg Houtwerkgilde ‘n besonderse uitstalling op Vrydag, 27 September 2024 in die Pretoriussaal op die verhoog aangebied. Dit was ‘n insiggewende en interessante uitstalling met pragtige voorbeelde van wat alles met hout gedoen kan word. Daar was houtspeelgoed, gereedskap, ornamente en baie meer, ingesluit ‘n uitbeelding met foto’s en mediaberigte sedert 1994.

Overberg Houtwerkgilde (voorheen die Overberg Houtwerk Assosiasie) is in 1994 gestig - 30 jaar gelede. Die groep houtwerkers (amateur en professioneel) se ‘veelvuldige’ doelwitte is onder andere: die uitbreiding van kennis oor die verskillende aspekte van houtwerk; hulpverlening aan lede en beginners; sosiale verkeer met ander wat van hout hou; periodieke besoeke aan houtwerk-verwante ondernemings; jaarlikse liefdadigheidsprojekte waar lede hul kundigheid en tyd gratis aanwend ter ondersteuning van plaaslike gemeenskapsinstansies en -organisasies.

Dit is dus duidelik nie net ‘n stokperdjie wat beoefen word nie - daar steek baie meer in die gilde as net dit. Gereelde interne demonstrasies word ook gereël waar spesifieke houtwerkkennis oorgedra en/of onderling uitgeruil word.

Die groep entoesiastiese lede kom elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied bymekaar. Belangstellendes, ingesluit dames, kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak, of stuur ‘n epos aan hom by dewetconradie100@gmail.com.

Hardus Botha

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles