Overberg Kushengelklub - Melchi Botha is Hengelaar-van-die-dag

Overberg Kushengelklub - Melchi Botha is Hengelaar-van-die-dag

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengelklub - Melchi Botha is Hengelaar-van-die-dag

“Saterdag, 12 Oktober 2024 was dit die klub se voorlaaste kompetisie vir die jaar en ook die laaste voordat die galjoenseisoen toemaak,” vertel Elba Tredoux van die Overstrand Kushengelklub. “Die seisoen is byna halfpad en die voorste spanne en hengelaars begin jaag vir punte!” Sy sê die speelveld (of see) is egter nog wawyd oop.

“Die plat, skoon waters van die naweek het nie baie belowend gelyk nie, maar nogtans is daar n groot aantal visse ingeweeg,” het Elba bygevoeg. Melchi Botha se Steenbras van so rapsie meer as 7kg, het hom die wenner van die dag gemaak. Sihan Toua was tweede, met Mias Albrecht in die derde plek.

Elba sê die wenners van die dag het almal die funksie bygewoon, met ‘n gesellige onderlinge gees, smaaklike kos en op-en-wakker musiek wat onverbeterlik was.

Image 1
Melchi Botha (links), voorste hengelaar van die maand, ontvang sy prys van Hendri Badenhorst.
Image 2
Michiel Kemp (links), eienaar van Fish Fever en ‘n borg van die klub, oorhandig Mias Albrecht (middel) se prys, met Hendri Badenhorst regs.
Image 3
Erna Terblanche glimlag breed nadat haar naam getrek is en sy ‘n pragtige blommeruiker gewen het.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub - Melchi Botha is Hengelaar-van-die-dag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles