Blog

‘Huis’-moles lei tot moord

‘Huis’-moles lei tot moord

Gans-Berg Nuus / News

‘Huis’-moles lei tot moord

‘Huis’-moles by die groep bosslapers naby die stortingsterrein buite Gansbaai, het op Donderdag, 17 Oktober 2024 omstreeks 10:30 gelei tot die moord op ‘n 24-jarige man van Masakhane. Hy is vermoedelik met ‘n byl en graaf vermoor. Na wat verneem word, het die oorledene een van die vrouens by die slaapplek aangerand en/of gemolesteer, waarna hy vermoedelik deur een van die mans vermoor is. ‘n Gat is net daar gegrawe, waarin die oorledene begrawe is. Een van die verdagtes het op Vrydag, 18 Oktober 2024 in die Hermanushof verskyn. 

Sewe verdagtes, waarvan 5 mans en 2 vrouens, vermoedelik almal deel van die groep bosslapers, is in hegtenis geneem. Met die ter perse gaan van hierdie uitgawe, het al 7 reeds in die Hermanushof verskyn. Dit blyk dat een van die verdagtes self die moord by Gansbaaai SAPD aangemeld het, ‘aangesien sy gewete hom gepla het’. 

Gansbaai SAPD-lede het die area besoek en sowat 10m x 10m afgesper, terwyl hulle op forensiese-beamptes gewag het. Die liggaam is uit die gat verwyder en AO Wouter von Waltzleben van Gansbaai Speurdiens het, as die ondersoekbeampte, die moordsaak oorgeneem. “Hulle hond met kleintjies het uiters aggressief opgetree en ons moes maar op ons hoede wees,” het AO Von Waltzleben gesê. “Onder andere is een van die toeskouers aangeval en moes behandeling ontvang.”

AO Von Waltzleben het bevestig dat die oorledene se ouers reeds in kennis gestel is. Geen foto’s van die verdagtes mag op hierdie stadium geplaas word nie. Na verneem word is die bosslapers se ‘kampplek’ en tente intussen reeds uit die area verwyder. Die Gans-Berg Nuus het ‘n tyd gelede berig oor ‘n brand wat by dieselfde slaapplek ontstaan het, maar betyds deur Gansbaai Brandweer geblus is alvorens ‘n veldbrand kon ontstaan. 

Hardus Botha

‘Huis’-moles lei tot moord

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles