WKOD Litnum toetse

WKOD Litnum toetse

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Gansbaai het in 2013 weer eens uitstekend gevaar in die Wes-Kaap Onderwys Departement se jaarlikse Geletterdheid- en Gesyferdheid Sistemiese Toetse.

Hierdie inisiatief van die WKOD poog om by wyse van Sistemiese Toetse die standaard van die graad 3 en graad 6-leerders se Tale en Wiskunde te bepaal ten einde leemtes en gebreke uit te wys vir moontlike ondersteuning.

Tydens die afgelope Litnum Prestige Toekennings geleentheid gehou te Caledon, is Laerskool Gansbaai beloon vir hul prag-prestasies. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Laerskool Gansbaai so goed vaar. In 2012 het hulle in die vyf kategorieë waarvoor die skool in aanmerking kon kom, drie eerste plekke en een derde plek behaal.   Eerste plekke is behaal in Tale (Gr 3), Wiskunde (Gr 3), Tale en Wiskunde gesamentlik (Gr 3 & 6) en ‘n derde plek in Tale (Gr 6).

Vanjaar is die kategorieë verminder na drie en Laerskool Gansbaai het in twee van die drie plekke behaal, naamlik ‘n 3de plek in Uitnemendheid in Tale en Wiskunde gesamentlik (Gr 3 & 6) en ‘n fenominale 1ste plek in Wiskunde (Gr 3 &6).  Voorwaar ‘n briljante prestasie!

Hiermee word bewys dat ‘n klein skool soos Laerskool Gansbaai beslis “groot skoene” volstaan en uitstekend vaar teen groter skole soos, LS Hermanus,  LS Bredasdorp, LS Overberg en LS De Villiers Graaff wat in dieselfde kategorieë deelgeneem het.

Alana Louw (Departementshoof, Grondslagfase), Eben van der Merwe (Skoolhoof), Marlene Koekemoer (Departementshoof, InterSen Fase)

Om die woorde van mnr Morkel van Niekerk, lid van LS Gansbaai Beheerliggaam aan te haal:  “Baie geluk aan die skool. Dit is weer eens ‘n enorme eer vir uitstekende werk deur die personeel. Skoolhoof en personeel, ons as beheerligaam is trots op julle.”

WKOD Litnum toetse

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles