Gansbaai Toerisme Nuus

Gansbaai Toerisme Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai het 'n wonderlike 3 maande agter die rug met verskeie suksesvolle aktiwiteite wat aangebied is, soos die Birkenhead Herdenking, die Lighthouse to Lighthouse Bergfietswedren, die Pearly Beach Affaire en die VLV Overbergkongres om net 'n paar  te noem.

Die weer het saamgespeel en almal wat hier gekom het, het met lof oor al die aktiwiteite waaraan hulle kon deelneem, gepraat. Waarna kan u vir die res van die jaar uitsien? Onthou elke eerste Saterdag van die maand stap die Strand-Veld Voetslaanklub 'n ander roete en so verken hulle die area en die plantegroei.

Op 9 April kom stap 'n klomp (meer as 300 ) polisiemanne en -vroue hier in Gansbaai - 'n spesiale uitgewerkte roete. Die bymekaarkompunt is op die Munisipalesportgronde en almal word uitgenooi om hulle welkom te heet en gesellig saam te verkeer. Kom ons wys hulle watter vriendelike mense in Gansbaai bly!

Paasnaweek - geen Kreef Derby hierdie jaar nie, dus kan al die besoekers rustig verkeer en die aktiwiteite en restaurante geniet. Naweek van die 26ste April bied Laerskool Gansbaai 'n Potjiekoskompetisie aan. Ons het besluit om nie 'n Winter Fees van die Ganse aan te bied nie - die weer speel nooit saam nie, MAAR maak ‘n groot rooi merkie in jul dagboek vir die naweek van 12-14 September. Groot dinge word beplan - 'n Funky Fynbosfees in die Uilkraalvallei en iets besonders hier in die dorp - “to tempt your tastebuds”!  

(Indien u graag 'n stalletjie by die Funky Fynbosfees wil bedryf,  stuur 'n epos aan gansbaaimanager@telkomsa.net, en jou naam sal solank op die lys geplaas word. Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees) As julle klubs of organisasies iets beplan en dit is nie hier gelys nie - laat weet ons onmiddellik en ons plaas dit op ons kalendar.

Ons is besig met opknappingswerk binne en buite die buro. Kom maak gerus 'n draai by die buro en gesels met ons vriendelike personeel, of skakel ons by 028-384-1439. Die van julle wat hier kuier - geniet die tydjie hier.

Glenda Kitley - Bestuurder

Gansbaai Toerisme Nuus

Glenda Kitley

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles