Stem in die Kruger Wildtuin

Omdat verskeie kiesers navraag gedoen het oor die verkiesing terwyl hulle in die Kruger Wildtuin sal wees op 7 Mei, is daar goeie nuus.  U kan in die wildtuin stem. In die meeste van die kampe soos Skukuza, Pretoriuskop, Berg-en-Dal, Orpen, Satara, Olifantskamp en Punda Maria is daar stemburos. U kan daar  navraag doen oor die ligging van die stemburos. Indien u dus in die Wes-Kaap geregistreer is, sal u daar kan stem, maar slegs op die nasionale stembrief.

Ek wil ook kiesers wat met vakansie vertrek en elders in die land sal wees versoek om op 7 Mei te gaan stem waar u vakansie hou. Indien dit in die Wes-Kaap is en u in die Wes-Kaap geregistreer is, sal u op albei stembriewe kan stem, dus vir die provinsie en op die nasionale stembrief. Indien u buite die Wes-Kaap vakansie gaan hou, sal u net op die nasionale stembrief kan stem.  

Pieter Scholtz, (Raadslid, Wyk 2)