Oud Gansbaaier neem Bianca onder haar vlerk

Oud Gansbaaier neem Bianca onder haar vlerk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Retha Gerber, Susan van Heerden en Rita du Preez,almal oumas wat vir  Bianca omgee.

Pas nadat me Retha Gerber, voorheen van Franskraal en nou 'n Bloemfonteiner, die berig oor Bianca de Koning se aankoms by die Universiteit van Bloemfontein in Die Volksblad gelees het, het haar hart 'n punt terug see toe getrek. Sy sê haar moederinstink het haar laat besluit dat daar iemand in Bloemfontein ook moet wees om na haar om te sien. Retha het onmiddellik haar vriendin, ook in Sewe Damme Oord, me Rita du Preez genader en saam het hulle 'n aksieplan opgestel en in net meer as 'n uur, kon hulle 'n nuwe mikrogolf-oond en R1500 insamel. OK Gansbaai en andere het Bianca van die basiese noodsaaklikhede voorsien en Retha en Rita kon handdoeke, 'nboeksak, bedmatjie, bedlamp, waaier, eetgerei, bord en bekers aankoop. Die orige geld is in haar studentekaart-rekening inbetaal.

Op 'n vraag aan Retha en Rita wat hulle van Bianca opgeval het, het beide gelyktydig geantwoord: “Haar opvoeding! Bianca sê ‘dankie Tannie’ elke keer as ons iets vir haar gee, 'n mens kry dit nie meer elke dag nie, en sy bedóél dit”, sê hulle. Tydens die onderhoud met die van Heerdens wat op Bloemfontein oorgeslaap het op pad Pretoria toe, is die behoefte aan 'n verwarmer ook aangeteken. “Ek weet nie of die kind weet hoe koud kan Bloemfontein se winters word nie”, sê Retha. “Gansbaai kan nooit so koud word as hiér nie”. Van die ander dames in die oord het ook al onderneem om gereeld vir Bianca beskuit en koekies te bak.

Twee Bloemfontein-oumas het 'n Gansbaai-student aangeneem. As daar nog weldoeners is, kan Dries en Susan geskakel word by sel no 0828234872.  Hulle gee dit graag deur vir die aanneem oumas.

Dries van Heerden

Oud Gansbaaier neem Bianca onder haar vlerk

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles