Jong NG lidmate

Jong NG lidmate

Gansbaai Courant

Die Belydenisgroep van die NG-gemeente Gansbaai, met vlnr André-Pierre Gouws, Schalk le Roux, Emile Smith, ds Willie Kotze, Janelle Smit, Chad Kruger, Johann Truter en Monique Grebe

 “Dit is vir my ‘n besonderse voorreg om julle groep vandag voor my te sien staan vir die aflegging van Belydenis van Geloof,” het ds Willie Kotze, leraar van die NG-gemeente, Gansbaai gesê. “Ek is in 1995 na hierdie gemeente beroep en bykans al sewe van julle is in 1996 gebore, wat beteken dat ek julle reeds sedert julle geboortes ‘ken’ en ook sommiges van julle gedoop het.”

Die groep van 7 jongmense het op Sondag, 16 Maart 2014 die geleentheid ontvang om hul Belydenis van Geloof af te lê om sodoende volwaardige lidmate van die NG-Kerk te word. Hulle is André-Pierre Gouws, Chad Kruger, Emile Smith, Janelle Smit, Johann Truter, Monique Grebe en Schalk le Roux.

Ds Kotze het sy boodskap op Hebr 10:23-25 baseer, wat op die volgende persoonlike boodskappe aan hulle neergekom het: “Dat almal van julle styf aan die hoop wat julle bely sal vashou” (vers 23); “Dat julle na mekaar sal omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade” (vers 24); “Dat julle nie van die samekomste van die gemeente sal wegbly nie, maar mekaar eerder sal aanmoedig om daarheen te gaan” (vers25).

Voorwaar bemoedigende woorde aan vandag se jongmense wat môre se leiers gaan wees. Die jong lidmate het daarna verversings in die Kleinsaaltjie saam met hulle ouers geniet.

Hardus Botha

Jong NG lidmate

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles