Cansa Relay For Life Overstrand 2014

Cansa Relay For Life Overstrand  2014

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Cansa Relay For Life het weer vir vele pret gesorg met dié jaar se tema : “Kanker oor grense”.  Die spanne is gevra om verskillende lande se kleredrag, vlae, kultuur en uitstaande kenmerke uit te beeld. Die belangrikste komponent was die navorsing wat elke span moes doen oor die tipe kanker wat die meeste in daardie spesifieke land voorkom en die redes daarvoor. Ons was verras met die kreatiewe maniere waarop die spanne die uitbeelding gedoen het. Pryse is toegeken aan Denemarke( Nissan) vir hul landsvlag wat gemaak was van plaatkoek en kolwyntjies. Die prys vir die beste plakkaat wat die inligting oor kanker in Suid-Afrika  uitgebeeld het, is aan Safe Security toegeken. A-Team het vir Lesotho uitgebeeld en het baie moeite gedoen om tradisionele kleredrag en toerusting te vertoon.

Die dag het ook gesorg vir vele vermaak vir oud en jonk. Kunstenaars wat opgetree het was onder andere Mika en Lara, Manie Jackson, Charne Hugo, Edian Barnard, Neels Moir, Jeandre van der Walt, Theresa, asook die Line-dancers (Dee Ridge) en Lani’s Latin America Ballroom Dancers. Nog ‘n hoogtepunt was die “Wêreldbeker”.  Spanne het eier-, driebeen- en kruiwa-stootresies gehardloop en Checkers het weggehardloop met die beker.  Die manne van “Round Table” het gesorg vir die kos, soos heerlike lams, wild- en hoenderpotjie, hamburgers, boereworsrolletjies, roosterkoek en slaptjips. Oasis het ons gesond gehou met water en Cathy de Villiers het die heerlikste groentesappe verkoop. 

Hierdie jaar was daar ‘n totaal van 105 oorwinnaars en 75 spanne wat die Relay For Life 2014 bygewoon het. Ons wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om al die oorwinnaars uit te nooi na ons ondersteuningsgroep wat elke derde Woensdag van die maand om 10:00 by Europa Restaurant plaasvind.  Hier gesels ons nie net oor die moeilike tye van diagnose en behandeling nie, maar deel belangstellings, gesonde leefstyl en sprekers wat hul kundigheid oor verskeie onderwerpe deel.

Kansa wil graag al die vrywilligers wat die Relay For Life Overstrand 2014 moontlik gemaak het, bedank vir hulle onbaatsugtige diens! Ons wil ook elke borg, die spanne asook die dagbesoekers  bedank vir hulle bydrae tot die jaar se suksesvolle Relay For Life.

Cansa Relay For Life Overstrand  2014

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles