Hoer pryse vir groen huise in vooruitsig

Hoer pryse vir groen huise in vooruitsig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Onafhanklike bronne vir energie en water gaan in die toekoms 'n groter rol speel in die bemarking van wooneiendom in SA. 

Dit is die mening van Richard Gray, uitvoerende hoof van die Harcourts-eiendomsgroep, wat glo dat eiendom wat nie heeltemal van dienste wat deur plaaslike owerhede verskaf word afhanklik is nie - of sogenaamde "off-grid" eiendom - binnekort gesog gaan word. 

Nuwe huise in veiligheidskomplekse en landgoedere met hul eie noodkragopwekkers en waterbronne wat ingevolge die nuwe riglyne vir energiedoeltreffendheid ontwerp is, gaan heel waarskynlik baie gesog word, sê hy, maar kopers sal ook bereid wees om 'n premie te betaal vir gewone voorstedelike huise wat met 'groen' toerusting spog.  

"Dit blyk duidelik uit onlangse gebeure dat voorsiening van noodsaaklike dienste aan SA huishoudings al hoe meer onseker en wisselvallig word - en nie net in informele nedersettings of landelike dorpies nie. Dit is nou glad nie meer ongewoon dat groot dele van stede dae lank sonder elektrisiteit of water moet klaarkom nie. 

"En hoewel inwoners gewoond geraak het aan kragonderbrekings sedert Eskom beurtkrag in 2007 ingestel het, is die reuse stygings in die prys van elektrisiteit 'n bron van groot kommer vir menige verbruiker. Dit geld ook vir die swak bestuur van SA se toenemend ontoereikende watervoorsiening en verbruikers vrees omvattende waterbeperkings en doelbewuste 'beurtwatervoorsiening' is net om die draai." 

Gelukkig, sê Gray, is dit redelik maklik om tot 'n groot mate self vir energie sowel as water te sorg. "Die meeste opsies kos nie veel oor die langtermyn nie en die koste word gewoonlik redelik maklik verhaal wanneer die eiendom verkoop word - en ons verwag dat dit toenemend die geval gaan wees. 

"Ons verwag gevolglik dat duisende meer SA huishoudings binnekort die voordele van kragopwekkers, hitteruilers, gasstowe en sonkrag warmwatertoestelle en panele, sowel as reënwatertenks, en wind- en sonkragpompe vir boorgate gaan insien." En met die prys van voedsel wat weens droogte en duurder vervoer die hoogte inskiet, gaan dit huiseienaars toenemend betaal om 'n deel van hul tuin en herwonne badwater of reënwater in tenks te benut om 'n produktiewe groentetuin tot stand te bring, sê hy.  "As dit soos 'n beskrywing van die einde van die beskawing klink, is dit nie die bedoeling nie. Watertekorte is ook algemeen in ander dele van die wêreld, soos Australië en Kalifornië, terwyl stede in Asia en Suid-Amerika ook ernstige probleme met kragvoorsiening en beurtkrag in die gesig staar. "Dis bloot 'n feit dat hulpbronne wêreldwyd skaars is - en dit maak sin ter wille van die omgewing sowel as jou sak om 'n gerieflike leefstyl te verseker deur jou eiendom so selfversorgend moontlik te maak ten opsigte van krag- en watervoorsiening."

Hoer pryse vir groen huise in vooruitsig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles