Overberg Veiliger Paasfees op die R43 Bekendgestel

Overberg Veiliger Paasfees op die R43 Bekendgestel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie, Brigadier Makawu SAPD, Adjunk-Direkteur David Frost van die Dept van Vervoer en Verkeers-Offisier Virgil Bester

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie het op Woensdag, 19 Maart 2014, die Overberg Veiliger Paasfees-veldtog by die Wine Village in Sandbaai op die R43 bekendgestel. SAPS, MCM, mediese nooddienste, provinsiale en plaaslike verkeersdepartemente het die geleentheid bygewoon.

Verrigtinge is met gebed geopen en daarna het die Burgemeester in haar toespraak aangedui dat die veldtog ten doel het om ’n veilige en insidentvrye Paasvakansie in die Overberg-streek te verseker.

Die hooffokus en doelwitte is ’n gesamentlike poging deur die verskeie belanghebbendes om hoë sigbaarheid op alle roetes te versterk ten einde padongelukke oor die baie besige Paasnaweek te verminder.

Die Burgemeester het die afgevaardigdes toegespreek: “Terwyl die meeste mense die naweek en Paasvakansie met hulle familie en vriende sal deurbring, is julle die mense wat aan diens sal wees om veiligheid op ons paaie te verseker.”

Sy het gesê sy besef dat niemand daarvan hou om by padblokkades te stop nie, alhoewel hulle weet dat dit nodig is om wet en orde te handhaaf. Niemand hou daarvan om ’n spoedkaartjie te kry nie, alhoewel hulle weet dat spoed ’n moordwapen is.

Niemand hou daarvan om ’n boete vir roekelose bestuur te ontvang nie, alhoewel hulle weet dat dit ongelukke veroorsaak.

“Ek bedank julle vir julle onbaatsugtige dienslewering om ons veiligheid te verseker. My wens is dat die Overberg hierdie jaar die Paasnaweek sal vier sonder enige insidente, ongelukke en misdaad. 

“Wanneer julle bestuur, wees wakker, dink namens die bestuurder van die ander voertuig en wees op die uitkyk vir fietsryers en voetgangers.  Reis veilig. Ek groet u.”

Noluthando Zweni

Overberg Veiliger Paasfees op die R43 Bekendgestel

Noluthando Zweni

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles