Overberg Veiliger Paasfees op die R43 Bekendgestel

Overberg Veiliger Paasfees op die R43 Bekendgestel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie, Brigadier Makawu SAPD, Adjunk-Direkteur David Frost van die Dept van Vervoer en Verkeers-Offisier Virgil Bester

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie het op Woensdag, 19 Maart 2014, die Overberg Veiliger Paasfees-veldtog by die Wine Village in Sandbaai op die R43 bekendgestel. SAPS, MCM, mediese nooddienste, provinsiale en plaaslike verkeersdepartemente het die geleentheid bygewoon.

Verrigtinge is met gebed geopen en daarna het die Burgemeester in haar toespraak aangedui dat die veldtog ten doel het om ’n veilige en insidentvrye Paasvakansie in die Overberg-streek te verseker.

Die hooffokus en doelwitte is ’n gesamentlike poging deur die verskeie belanghebbendes om hoë sigbaarheid op alle roetes te versterk ten einde padongelukke oor die baie besige Paasnaweek te verminder.

Die Burgemeester het die afgevaardigdes toegespreek: “Terwyl die meeste mense die naweek en Paasvakansie met hulle familie en vriende sal deurbring, is julle die mense wat aan diens sal wees om veiligheid op ons paaie te verseker.”

Sy het gesê sy besef dat niemand daarvan hou om by padblokkades te stop nie, alhoewel hulle weet dat dit nodig is om wet en orde te handhaaf. Niemand hou daarvan om ’n spoedkaartjie te kry nie, alhoewel hulle weet dat spoed ’n moordwapen is.

Niemand hou daarvan om ’n boete vir roekelose bestuur te ontvang nie, alhoewel hulle weet dat dit ongelukke veroorsaak.

“Ek bedank julle vir julle onbaatsugtige dienslewering om ons veiligheid te verseker. My wens is dat die Overberg hierdie jaar die Paasnaweek sal vier sonder enige insidente, ongelukke en misdaad. 

“Wanneer julle bestuur, wees wakker, dink namens die bestuurder van die ander voertuig en wees op die uitkyk vir fietsryers en voetgangers.  Reis veilig. Ek groet u.”

Noluthando Zweni

Overberg Veiliger Paasfees op die R43 Bekendgestel

Noluthando Zweni

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles