Dit gaan nie so sleg nie

Dit gaan nie so sleg nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die paar mooi steenbrasse en nogal baie kabeljou wat die afgelope tydjie gevang is (baie hiervan van die kant af) behoort jou wraggies nie moedeloos te laat nie. As selfs ‘n hond sy steenbras van 10 kg aankeer sê dit mos iets van jou vermoë indien jy onsuksesvol bly! Daar is hier en daar ‘n geelbek gevang en die baie aasvis in die see tesame met die weer wat hengeltoestande behoort te verbeter, kan mens net optimisties laat. Veral by Franskraal, asook by die Gruis het galjoen gesig gewys en mosselkrakers is ook in dié omgewing gevang.

Die een ding wat moeilik is om te verklaar is dat die weerstoestande nie altyd tred hou met  die toestande op see nie. Dis dan moeilik om vooruit te beplan indien jy nie seker is hoe die see gaan wees nie. ‘n Windstil dag beteken nie noodwendig dat die see vriendelik gaan wees nie. ‘n Deurmekaar see en met boonop reën betrokke maak ‘n dag by die huis deurgebring nogal aantreklik.

Gelukkig is baie vet en groot hotties nog op die regte plekke te kry en met die huidige stewige petrolprys is dit ‘n goeie opsie. Enige tyd van nou af sal die kabeljou dieper gesoek moet word, maar op die oomblik is die Vlagpale nie ‘n slegte keuse nie. Onthou net wat die wettige maat is want daar is ook baie kleintjies en dit voorspel groot moeilikheid indien hulle geteiken word.

‘n Ervare skipper sal weet dat indien hy van ‘n klip of blok of wat ookal as wielstut gebruik maak wanneer hy sy boot te water laat, altyd die stut weer van die kaai te verwyder. In so ‘n geval word dit gewoonlik om veiligheidsredes gebruik. Dit beteken nie dat die voertuig se remstelsel noodwendig foutief is nie. Om die stut op die kaai te laat is egter ’n groot probleem indien iemand anders “launch” en dit beland ongesiens onder een van sy wiele. Dit kan dan groot skade veroorsaak en tot groot moeilikheid aanleiding gee. ‘n Vriendelike versoek: almal wat van soiets gebruik maak, maak asb. seker dit word nie daar gelaat nie. “Gentleman’s agreement” onder seegangers vereis dit in elk geval. Selfs kinders wat met klippe in hierdie gebied speel, moet na opgelet word. Terug by hengel, lekker vang!

Groete, Seemeeu

Dit gaan nie so sleg nie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles