Ag ek sukkel maar voort

Ag ek sukkel maar voort

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wees  veral versigtig met wat in jou  gedagtes aangaan, want dit bepaal julle hele lewe.” (Spr. 4:23) “Julle gees en julle gedagtes moet nuut word.”  (Efes 4:23)

Ek en my vrou loop vanoggend langs die see af en stap verby ’n Gansbaaier wat in sy tuin werk. Ek groet hartlik met ’n goeie môre en vra hoe dit gaan. Dis sy antwoord wat ons dadelik tref, is:  “Ag, ek sukkel maar voort!”  Gereeld hoor ek mense om ons wat met negatiewe woorde en opmerkings praat. “Alles is só duur, ons kan niks meer bekostig nie.” “Ons land het geen toekoms nie!” “Die kinders van vandag het geen maniere of respek nie.”

Selfs die manier wat ons antwoord as iemand vra hoe dit gaan: “Kan nie kla nie”, het ’n negatiewe inhoud. (Al wat jou gees hoor in daardie sin is: kla!)

Dis regtig jammer as ons toelaat dat negatiewe en afbrekende woorde uit ons mond kom. Ons besef nie wat ons aan onsself en aan die mense wat ons hoor doen nie. Dit is baie moeilik om in negatiewe mense se geselskap te verkeer, want hulle vermoei jou gees. ’n Negatiewe woord wat jy spreek maak jou gees en jou liggaam siek. Is dit nie dalk hoekom só baie mense lewensmoeg en vol siektes is nie? Die Bybel waarsku ons nie verniet in Spreuke 4:23 dat ons versigtig moet wees wat ons in ons gedagtes vertroetel, want dit het ’n invloed op ons hele lewe!

Wat  moet ons dan doen om hierdie negatiewe gees in ons liggaam en ons omgewing te verander? Begin om te let op wat jy dink en hoe jy praat. Paulus sê in Filippense 4:6-8 dat ons moet begin dink aan alles wat edel en mooi en goed reg is – dan sal GOD van vrede met ons wees. Vermy tydskrifte en koerante en televisieprogramme (en mense!) wat negatiewe nuus en boodskappe oordra. Help mekaar in ’n  gees van sagmoedigheid reg  (Gal 6:1) as julle agterkom die gesprek gaan in ’n negatiewe rigting.  Vul jou gedagtes met die goeie en blye boodskap van die Bybel. Daarom moet jy die Bybel lees en dit oordink. (Psalm 1:1-3) Die Woord gee lewe – en ons almal begeer tog ’n lewe van blydskap, positiwiteit en vrede!

Kom ons begin let op hoe ons praat – dit kan só ’n groot verskil aan ons lewens maak!

Ag ek sukkel maar voort

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles