Afriforum fouteer

Afriforum fouteer

Gansbaai Courant

Overstrand Munisipaliteit wil graag die foutiewe beriggewing oor water-toetse deur Afriforum by De Mond, Hermanus,soos wat in Die Burger van 18 Maart 2014 berig is, regstel.

Die munisipaliteit kon die volgende vasstel by die persoon van Afriforum (Stefan Pretorius) wat die toetse gedoen het:

1. Die toetse is gedoen op 21 Februarie net na 10:00 die oggend.

2. Die berig meld dat "plaaslike owerhede en die media teenwoordig was toe die toetse geneem is".  Stefan Pretorius het aan mnr Hanre Blignaut (Overstrand munisipaliteit: Adjunk Direkteur: Ingenieursdienste) bevestig dat slegs hyself en Afriforum se Hoof van Gemeenskapsveiligheid teenwoordig was toe die toetse in Overstrand gedoen is.

3. Die berig meld verder dat die behandelde rioolwater van 100 dorpe getoets is, en bespreek dan verskeie "dorpe", waaronder "De Mond (Hermanus)".  Stefan Pretorius het aan mnr Blignaut van die munisipaliteit aangedui dat hierdie monster by Onrus geneem is, van water wat in die see inloop.  Dit blyk dus dat daar by Afriforum verwarring was tussen De Mond en Onrus.   Nieteenstaande hierdie verwarring, kan geen watermonster wat by De Mond of by Onrus geneem is enige verband hou met Overstrand Munisipaliteit se behandelde rioolwater nie, soos wat in die berig geinsinueer word nie, en hou dit ook geen verband met die Departement van Waterwese se amptelike Groen Druppel program nie.

Overstrand Munisipaliteit gee aan die inwoners van Hermanus die versekering dat die e-coli vlakke in Hermanus se behandelde rioolwater voldoen aan die relevante Nasionale standaarde, en dat daar geen e-coli in die dorp se drinkwater teenwoordig is nie. Daar is geen rede tot kommer by die publiek nie.

Overstrand Munisipaliteite is ‘n amptelike verskoning van Afriforum ten einde die foutiewe beriggewing in die media reg te stel.

Afriforum fouteer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles