Afriforum fouteer

Afriforum fouteer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overstrand Munisipaliteit wil graag die foutiewe beriggewing oor water-toetse deur Afriforum by De Mond, Hermanus,soos wat in Die Burger van 18 Maart 2014 berig is, regstel.

Die munisipaliteit kon die volgende vasstel by die persoon van Afriforum (Stefan Pretorius) wat die toetse gedoen het:

1. Die toetse is gedoen op 21 Februarie net na 10:00 die oggend.

2. Die berig meld dat "plaaslike owerhede en die media teenwoordig was toe die toetse geneem is".  Stefan Pretorius het aan mnr Hanre Blignaut (Overstrand munisipaliteit: Adjunk Direkteur: Ingenieursdienste) bevestig dat slegs hyself en Afriforum se Hoof van Gemeenskapsveiligheid teenwoordig was toe die toetse in Overstrand gedoen is.

3. Die berig meld verder dat die behandelde rioolwater van 100 dorpe getoets is, en bespreek dan verskeie "dorpe", waaronder "De Mond (Hermanus)".  Stefan Pretorius het aan mnr Blignaut van die munisipaliteit aangedui dat hierdie monster by Onrus geneem is, van water wat in die see inloop.  Dit blyk dus dat daar by Afriforum verwarring was tussen De Mond en Onrus.   Nieteenstaande hierdie verwarring, kan geen watermonster wat by De Mond of by Onrus geneem is enige verband hou met Overstrand Munisipaliteit se behandelde rioolwater nie, soos wat in die berig geinsinueer word nie, en hou dit ook geen verband met die Departement van Waterwese se amptelike Groen Druppel program nie.

Overstrand Munisipaliteit gee aan die inwoners van Hermanus die versekering dat die e-coli vlakke in Hermanus se behandelde rioolwater voldoen aan die relevante Nasionale standaarde, en dat daar geen e-coli in die dorp se drinkwater teenwoordig is nie. Daar is geen rede tot kommer by die publiek nie.

Overstrand Munisipaliteite is ‘n amptelike verskoning van Afriforum ten einde die foutiewe beriggewing in die media reg te stel.

Afriforum fouteer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles