Gansbaai vat vlam op rugbyveld

Gansbaai vat vlam op rugbyveld

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wen 43 – 25

Black Leaves van Gansbaai het verlede Saterdag op sy tuisveld behoorlik met die Proteas van De Doorns afgereken en die veld met 'n vyfpunter verlaat (bonus).

Albei hierdie twee klubs neem vanjaar nuut deel aan die Boland se Superliga kompetisie. Ironies was dit dan tog ook so dat dit die sogenaamde "Top Dogs en Under Dogs" was wat teen mekaar geopen het. Die vorige vier vriendskaplike wedstryde waartydens Michael Vermeulen die manne geslyp het, het die noodsaaklike laat gebeur. Toe die derde en tweede spanne ook nog onderskeidelik hulle wedstryde met 15-0 en 19-0 wen was daar groot vertroue vorentoe ingeboesem.

Black Leaves geniet hierdie komende naweek 'n welkome ruskansie waarna Genadendal weer op 12 April (weg) aan die beurt kom. Op die dag se samespel kan hierdie drie verteenwoordigende spanne vorentoe tot krag gaan. Veral die ervaring en jeug in die B-span het getoon watter mededinging daar is. Koppe, Maans, Felix, Gordon, Andrew, Peter John en Louw se ervaring in die 3de span kan net die dryfveer wees.

Die 2de span is ook nog 'n betreklik jong span wat hul goed van hul taak gekwyt het. Hier het Raymond Kapot glad nie teleurgestel met sy algemene spel nie. Die twee jong skrumskakels, Brendan Dickson en Daan Otto het nou alle blootstelling agter die rug om te gedy. Die eerste span het alreeds hul wedstryd met hul bonuspunt 3 die wedstryd beklink gehad, maar tog het die onbekende De Doorns hulle beproef vir 80 minute rugby. Dit is presies wat hierdie kompetisie gaan vereis. Maar die span het met sy agterlyn vanjaar bewys hulle wil opponente dronk hardloop soos in die geval toe hul puntemakers almal agterlynspelers was. 'n Goeie fondasie natuurlik deur die agttal.

Puntemakers: Drieë: Delano Booysen (2), Melly Tobias (1), Clayton Niemand (1), Gavin Smit (1) en Steward Jacobs (1). Doelskop: Steward Jacobs (5). Strafskop: Steward Jacobs (1).

So Sê Bra G

Gansbaai vat vlam op rugbyveld

Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles