Lokaas

Lokaas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hoewel almal seker sal saamstem dat die gebruik van lokaas baie voordelig kan wees, is dit tog iets wat normaalweg baie afgeskeep word.

Dit is interessant om te let waarop die ervare hengelaars die aandag vestig. Veral wat boothengel betref is daar heelwat faktore om in ag te neem wanneer lokaas gebruik word.

Dit is bekend dat wanneer daar ‘n stroom is dit wys is om van fyn lokaas gebruik te maak in plaas van stukke omdat hierdie stukkies eenvoudig te gou weggedryf word, en bowendien die vis weglok. Die gebruik van ‘n sakkie (van net gemaak) is ook aan te beveel en dit kan boonop op verskillende maniere gebruik word. ‘n Klip daarin as gewig en met ‘n lang tou verbind aan die volgemaakte sakkie  waarin die fyngekapte aas geplaas is kan sommer langs die boot laat sak word. ‘n Handige wenk is ook om ‘n groterige ring aan die sakkie te bind en die ankertou word dan daardeur gelaat en die sakkie met aas met sy swaarderige gewig word dan tot so naby as moontlik aan die anker laat sak. Enige stroom sal vanaf die anker in die rigting van die boot beweeg en sodoende ook die vrygelate aas meevoer. Die sakkie word uiteindelik saam met die anker opgetrek Wanneer veral kabeljou en geelstert gevang word, en daar is nie ‘n stroom nie is die direkte toevoeging van fyngekapte lokaas (gewoonlik sardyne) ‘n groot bate.

Wat gebeur by die water? Die weer verander daagliks maar dis hierdie tyd van die jaar dat ‘n weste- of noordwestewind die hoop laat opvlam vir geelbek. Sommiges praat van die wintergeelbek. Wat die manne met die lang stokke betref  --  die baie witsteenbras en mooi kabeljoue (die suidoos het ook sy voordele) wat nou al oor ‘n tydperk gevang word moet enige hengelaar woema gee om ook te probeer. Die galjoen is nog nie vet nie, maar wie gaan nee sê vir hierdie koning van braaivisse? Op die oomblik is die vet hotties ‘n welkome keuse en vir sommiges selfs ‘n prioriteit. Gee net daardie galjoen ‘n kans om lyf te kry, dan praat ons weer.

Lekker langs en op die water. Groete, Seemeeu

Lokaas

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles