Donderdag 27 Maart was die roete vanaf die Museum in Franskraal tot by die getypoel in Kleinbaai. Nie eers die sagte misreën kon van die leerders van Academia se geesdrif demp nie, tog het daar vele stemmetjies van die agterhoede gekom met: “Hoe ver nog?”. Daar gekom is daar gesmul aan warmbrakkies en koeldrank. Die “surfwalk” is een van die groot fondsinsamelings wat die skool elke jaar hou.
Liezel Mostert