Pearly Beach Hengelkub bedrywig

Pearly Beach Hengelkub bedrywig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pearly Beach hengelspan spog nou ook met ‘n damespan, met voor vlnr Joanne Bester en Jaenette de Kock en agter vlnr Bertha du Toit, Liezl  Myburgh, Colleen de Kock en Karen Hoogendijk

Die Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel) is behoorlik aan die gang. Eerstens spog hulle nou met ‘n volwaardige dames-hengelspan wat hulself die “Galjoen Divas” noem. Hulle het vanjaar weer eens aan die 5-spesies hengelkompetisie te Struisbaai deelgeneem. Hulle is Bertha du Toit, Liezl Myburgh, Colleen de Kock, Karen Hoogendijk, Joanne Bester en Jaenette De Kock.

“Al het die Galjoen Divas nie baie goed gevaar nie, was daar geen tekort aan hulle sportmansgees nie,” vertel Isolde Smith. Isolde se hengelstorie vir die week handel oor hulle afgelope maandelikse hengelkompetisie. “Daar was 14 hengelaars wat ‘n totaal van 84.2kg vis ingeweeg het,” sê sy. Wikkie van Dyk het die swaarste Galjoen van 2.2kg gevang, met Hannes Smuts wat sy volle kwota kabeljou gevang het - ‘n totaal van 5 pragtige visse waarmee hy die 1ste plek behaal het.

Hy het ook pryse vir die swaarste sak (27.7kg) en die grootste vis (8.4kg) gewen.  “In totaal is 4 galjoene, 16 kabeljoue, 2 stompneuse, 2 hotentotvisse en 1 kolstert gevang,” sê Isolde. “Dan noem ek vroegtydig van ons Interklubkompetisie wat op 3 Mei aangebied gaan word, met 5 hengelklubs wat gaan deelneem.”

Navrae rakende Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel) kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word, of stuur ‘n epos aan haar by drewsolde@omail.co.za.

Hardus Botha

Hannes Smuts met sy vol kwota kabeljoue waarmee hy die 1ste plek behaal het, asook pryse vir die swaarste sak en grootste vis gewen het.

Pearly Beach Hengelkub bedrywig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles