Pearly Beach Hengelkub bedrywig

Pearly Beach Hengelkub bedrywig

Gansbaai Courant

Pearly Beach hengelspan spog nou ook met ‘n damespan, met voor vlnr Joanne Bester en Jaenette de Kock en agter vlnr Bertha du Toit, Liezl  Myburgh, Colleen de Kock en Karen Hoogendijk

Die Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel) is behoorlik aan die gang. Eerstens spog hulle nou met ‘n volwaardige dames-hengelspan wat hulself die “Galjoen Divas” noem. Hulle het vanjaar weer eens aan die 5-spesies hengelkompetisie te Struisbaai deelgeneem. Hulle is Bertha du Toit, Liezl Myburgh, Colleen de Kock, Karen Hoogendijk, Joanne Bester en Jaenette De Kock.

“Al het die Galjoen Divas nie baie goed gevaar nie, was daar geen tekort aan hulle sportmansgees nie,” vertel Isolde Smith. Isolde se hengelstorie vir die week handel oor hulle afgelope maandelikse hengelkompetisie. “Daar was 14 hengelaars wat ‘n totaal van 84.2kg vis ingeweeg het,” sê sy. Wikkie van Dyk het die swaarste Galjoen van 2.2kg gevang, met Hannes Smuts wat sy volle kwota kabeljou gevang het - ‘n totaal van 5 pragtige visse waarmee hy die 1ste plek behaal het.

Hy het ook pryse vir die swaarste sak (27.7kg) en die grootste vis (8.4kg) gewen.  “In totaal is 4 galjoene, 16 kabeljoue, 2 stompneuse, 2 hotentotvisse en 1 kolstert gevang,” sê Isolde. “Dan noem ek vroegtydig van ons Interklubkompetisie wat op 3 Mei aangebied gaan word, met 5 hengelklubs wat gaan deelneem.”

Navrae rakende Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel) kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word, of stuur ‘n epos aan haar by drewsolde@omail.co.za.

Hardus Botha

Hannes Smuts met sy vol kwota kabeljoue waarmee hy die 1ste plek behaal het, asook pryse vir die swaarste sak en grootste vis gewen het.

Pearly Beach Hengelkub bedrywig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles