Atlantic Leader hak vas

Die pelagieseboot, Atlantic Leader van West Point aan die Weskus se net het Sondagoggend aan die rotsbodem reg voor teen die kus by De Kelders vasgehaak. Vleigans van Louis Groenewald het hom te hulp gesnel en daar is daarin geslaag om die net los te skeur. Daar is tans groot skole sardyn by De Kelders en die publiek kry die geleentheid om dié bedrywighede van relatief baie naby gade te slaan.