Vader Tyd se stilte word verbreek

Vader Tyd se stilte word verbreek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“’n Stukkie geskiedenis het Maandag plaasgevind met die verwydering van die gesigte en wysers van die NG-gemeente se Kerkhorlosie om plek te maak vir nuwes wat binnekort geïnstalleer sal word,” sê Jannie Botha, voorsitter van die projek.

“Die gesigte wat verwyder word het die gemeenskap vir bykans 70 jaar van tyd voorsien, maar dit het deur die jare ernstig verweer en moes vervang word.” Hierdie opknappingswerk geld ook vir die bestaande konstruksie van die toring waar die horlosie se meganiese stelsel is. Groot dankbaarheid bestaan jeens Paul Knoetze wat betrokke is. 

Jannie Botha is bo in die Kerktoring besig om die Kerkhorlosie se wysers te laat sak, met Johan Hulme wat onder seker gemaak het die “landing” word veilig uitgevoer

“Hy het ‘n ongelooflike kennis van ou kerkhorlosies en het al verskeie daarvan herstel en ons as Kerkraad is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir die talent waaroor Paul beskik.” (Meer oor Paul later). Die afhaal van die gesigte en wysers was beslis nie ‘n maklike taak nie. Alle stukke moes versigtig met ‘n tou aan die buitekant laat sak word en Jannie en Johan Hulme moes hul vasvat ken, maar hulle het deeglik daarin geslaag. “Die wyserratte en gegoote yster van die gesigte is swaar en daar moes ook daarop gelet word om nie die kerkgebou en dak te beskadig nie,” sê Jannie.

Die Kerktoring- en Horlosie Komitee bestaan uit Jannie Botha (voorsitter), Paul Knoetze (horlosie), Johan Hulme (bouer), Thys de Vries (ingenieur) en Hannes Cilliers (finansies). Hierdie is egter ‘n baie duur projek en selfs die NGK se Kerkkoor het besluit om ‘n bydrae te lewer. Hulle oefen baie hard aan ‘n “Klugtige Operette”, Sneeuwitjie en die 7 Bergies wat op 25 en 26 April om 19:00 vir 19:30 in die Pretoriussaal opgevoer gaan word. Die opvoering beloof om skreeusnaaks en baie goed te wees, met kaartjies wat teen R40 (volw) en R20 (kinders) by die Kerkkantoor gekoop kan word. (Meer hieroor later.) “Die fondse van hierdie opvoering is vir die herstel van die kerkhorlosie ge-oormerk,” sê Aletta Lochner, koorafrigter en regisseur van die “Klugtige Operette”.

Hardus Botha

Vader Tyd se stilte word verbreek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles