Fotografieklub geniet Mierkraal

Fotografieklub geniet Mierkraal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ernst Conradie, eienaar van die plaas Mierkraal, met een van sy spog Amerikaanse skouperde (Foto: Riaan Jacobs)

‘n Deel van Gansbaai Fotografieklub se jaarprogram is om interessante uitstappies te reël. “Dit dra nie net by tot ‘n samehorigheidsgevoel nie, maar dit bied ook geleenthede vir klublede, en veral beginners, om praktiese ervaring op te doen,” sê Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub.

“Ons klub se Bredasdorp-uitstappie op 22 Maart na die plaas, Mierkraal van Ernst Conradie het uiters suksesvol verloop en is terdeë deur almal geniet, met pragtige foto’s wat geneem is.” Christo sê dit is ‘n pragtige saai- en beesplaas in die Bredasdorp-omgewing en dit was vroeg-opstaan vir die lede wat reeds om 05:00 vanaf Gansbaai vertrek het. Hy sê met hulle aankomslag op die plaas het sommige lede summier hul kameras en driepote gegryp en begin foto’s neem, terwyl ander eers ‘n lekker slukkie koffie agter die blad wou kry. Die lede het toegang tot die hele plaas gehad en het dit behoorlik benut om die landgoed van hoek tot kant te verken - met kamera’s wat maar nie kon ophou met klik-klik nie.

“Van die fokuspunte wat veral baie aandag getrek het, was onder andere die plaashuise, ‘n ou skaapkraal, damme, voëls, murasies en landerye,” vertel Christo. “Een van die absolute hoogtepunte was die lede se besoek aan die skouperde.” Ernst het ‘n aantal top Amerikaanse skouperde en het hulle spesiaal aan die lede vertoon om rustig foto’s te kon neem. Die klublede was dit eens dat die besoek aan die pragtige plaas daarmee op ‘n hoë noot afgesluit is. Lede word daaraan herinner dat daar nie op 21 April ‘n byeenkoms sal wees nie, maar wel op Maandag, 28 April, waartydens almal se plaasfoto’s dan besigtig sal word. Lede word ook aan die interne kompetisie met die tema “reflections” herinner. A4 foto’s moet voor of op 19 Mei 2014 ingedien word.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 geskakel word, of skakel vir Linda Kloppers by 082-550-7313.

Hardus Botha

Fotografieklub geniet Mierkraal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles