Senior burgers slaan munt uit hul gesinshuise

Senior burgers slaan munt uit hul gesinshuise

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met lewenskoste wat aanhou styg en 'n groot hap uit aftreefondse neem, ontsluit senior burgers in talle van SA se gevestigde voorstede waarde in hul groot gesinshuise - nie deur dit te verkoop nie, maar deur dit te verhuur en dan self kleiner verblyf huur wat makliker is om te behartig. 

"Dié nuwe tendens maak sin vir ouer huiseienaars wie se kinders reeds uit die huis uit is en wat beplan om weens sekuriteit of makliker onderhoud van eiendom af te skaal, of straks omdat hulle hul inkomste wil aanvul," sê Harcourts Real Estate se Richard Gray.  "Sulke eienaars het gewoonlik 'n baie klein uitstaande verband of die eiendom is ten volle afbetaal en hulle kan dus aansienlike huurinkomste vir gesinshuise met drie of vier slaapkamers in gesogte of sentrale woonbuurte verdien, veral in die heersende mark waar huurvraag sterk is en tekens van verdere groei toon."  Eienaars behou die eiendom as 'n finansiële bate en as hulle gelukkig is, sê hy, is daar straks 'n woonstel of kothuis op die perseel waar hulle "gratis" kan woon terwyl hulle 'n inkomste uit die gesinshuis verdien. 

"Andersinds teiken hulle gewoonlik huurwoonstelle of meenthuise in veilige woonkomplekse, waar onderhoud aan die eiendom nie hulle verantwoordelikheid is nie en hulle die deur agter hulle kan sluit as hulle wil gaan kuier of reis. En die maandelikse huurgeld vir sulke eenhede word gewoonlik ruim deur hul huurinkomste gedek wat meebring dat hulle ietsie ekstra in die sak het." 

Dis net nog 'n voorbeeld, sê Gray, hoe huisbesit welvaart kan help skep en verbruikers talle voordelige finansiële keuses kan gee. "Die feit dat talle middeljarige mense hulself nou as finansieel onafhanklik beskou, is inderdaad te danke daaraan dat hulle vroeg in hul lewens huise gekoop het en verbande so gou as moontlik afbetaal het." 

Die nuwe tendens hou terselfdertyd voordele in vir jong gesinne wat graag in gevestigde voorstede met goeie skole, winkels, vermaak, sportgeriewe en openbare vervoer op hul drumpels wil woon maar wat dit nie kan bekostig om 'n eie gesinshuis in so 'n buurt te koop nie. 

"Deur eiendom in 'n sentrale woonbuurt te huur wat tyd en geld aan vervoer spaar is die kanse soveel beter dat hulle 'n deposito bymekaar kan maak om eendag 'n eie huis van hul eie te koop."

Senior burgers slaan munt uit hul gesinshuise

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles