Kroonstad Kampioenskappe

Vlnr: Rachel Schoeman (res), Amanda Rust, Toeks Moore, Annetjie de Klerk en Gertie Vorster.

Die Jukskei Kampioenskappe het vanaf 31 Maart tot 4 April te Kroonstad plaasgevind. Uit die Wes-Oos Streek Unies, WP, Boland, OP en SWD was 'n streekspan gekies om die streek te verteenwoordig teen die ander streke - Toeks Moore en Annetjie de Klerk van Boland, Rachel Schoeman en Amanda Rust van WP en Gertie Vorster van OP. Hulle het goed gevaar en die silwer medalje verower. Oor die algemeen het Boland ook goed gevaar en 3de geëindig onder die 13 Unies.

Toeks Moore