Spoggerige funksie

Spoggerige funksie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Regs ontvang De Wet Giliomee sy prys vir die swaarste vis,  ‘n Rooi Roman (2.1kg) van die Wedstrydsekretaris,  Johan Burmeister

Dit was weer tyd vir die maandelikse funksie van die Birkenhead Boothengelklub ná ‘n warm dag op see - sommer spoggerig en baie gesellig. Etlike pryse is aan die hengelaars van die vyf bote wat ingeweeg het, oorhandig.

De Wet Giliomee het die swaarste vis (Rooi Roman - 2.1kg) gevang, met Johan Burmeister wat die swaarste sak ingepalm het, terwyl net hyself en sy dogter, Yolandi, die boot beman het. (Volledige uitslae in die volgende uitgawe) Daarna kon die aand se genietinge begin, met smaaklike stokvis, skyfies, slaaie en ‘n nagereg. Voor en na die ete het Raymond Rabe soos gewoonlik die Musiekfabriek behoorlik aan die gang gehou en kon die jeukende voete tot baie laataand op die dansvloer gekrap word. Klublid Johan Hanekom is spesiaal gelukgewens met sy 75ste verjaardag die volgende dag op 13 April, asook met hy en sy eggenote, Cecile se 53ste huweliksherdenking op 15 April. Johan Wiesie het vir klublid Annette Lötter gekry om die geluktrekkings te doen, met Pop Malan en Derrick Jerrard wat elk ‘n gelukkige wenner van ‘n goeie bottel wyn was.

Ongelukkig moes die klub se Foefiebeker weer nader gebring word vir De Wet Giliomee wat daaruit moes drink. Hy het met ‘n mede-hengelaar gesels toe sy visstok uit sy hande geruk is. Gelukkig vir hom het ‘n ander hengelaar kort daarna sy stok per abuis “gevang” en ingekatrol, maar drink moes hy maar uit die Foefiebeker. Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie. Die volgende boothengelkompetisie is vir 24 Mei 2014 geskeduleer, insluitend die gebruiklike en gesellige aandfunksie. Dan word ‘n gesellige Moedersdagete vir Sondag, 11 Mei beplan, wat nie misgeloop moet word nie.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Spoggerige funksie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles