Gholf Steakaande op dreef

Gholf Steakaande op dreef

Gansbaai Courant

Een van die verjaardaglede, Walter Crouse (regs) is spesiaal deur Bev Swart gelukgewens en ook bedank vir sy jare van toegewyde werksaamhede in die gholfklub

Die tweede “Steak”-aand wat deur Gansbaai Gholfklub gereël is, het so goed verloop dat die bestuur nou tevrede is dat dit ‘n suksesvolle, maandelikse fondsinsamelingsfunksie kan word. “Ek is bly om te sien die ouergarde het besluit om nié hierdie steakaande te mis nie,” sê Bev Swart, Klubkaptein van Gansbaai Gholfklub. “Hulle het nou wel die kinders tuis agtergelaat en nie so laat soos die vorige keer gekuier nie, maar dit was duidelik dat hulle hulself terdeë geniet het.” Die steaks was weer eens vanuit die boonste rakke en presies na elkeen se voorkeur gebraai. Die gesellige atmosfeer het só oorgeneem, dat Bev hard oor die luidsprekersstelsel moes praat om “orde en stilte” te kry, want daar is so gekuier dat niemand agtergekom het die arme klubkaptein het ‘n paar gevleuelde woorde om te spreek nie.

Twee “verjaardag-gholfers” het ook die gesellige aand bygewoon. Die twee wat gelukgewens is, is JC Crous (77) wat ‘n gereelde Vrydagaand-besoeker is en Walter Strydom (80) wat vir etlike jare die visie-president, asook baanopsigter was.

“Dan is ek verheug om te sien dat Freddie en Kokkie Engelbrecht ‘n enorme borgskap vir die Gansbaai Classic aangebied het,” vertel Bev. “Freddie was verlede jaar ook die Sakekamer se hoofborg en vanjaar is dit die grootste borgskap deur ‘n enkele persoon wat ons gholfklub nóg gekry het.” Die aand is ook deur sowat 15 lede van die Birkenhead Boothengelklub ondersteun, asook deur Jack en Anita Doyle, gereelde besoekers vanaf Engeland en groot ondersteuners van die gholfklub, asook die hengelklub. Bev bedank graag vir René vir die slaai, Awie en Ria vir die “sterk” aartappelgereg, Danie 2 vir die broodtafel en die knap braaiers, JP en Jakkie. Gansbaai Gholfklub se volgende steakaand sal op Vrydagaand, 2 Mei plaasvind en almal is welkom.

Vir klubnavrae kan Jannie Brandt by 028-384-1441 geskakel word.

Hardus Botha

Gholf Steakaande op dreef

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles