Gholf Steakaande op dreef

Gholf Steakaande op dreef

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een van die verjaardaglede, Walter Crouse (regs) is spesiaal deur Bev Swart gelukgewens en ook bedank vir sy jare van toegewyde werksaamhede in die gholfklub

Die tweede “Steak”-aand wat deur Gansbaai Gholfklub gereël is, het so goed verloop dat die bestuur nou tevrede is dat dit ‘n suksesvolle, maandelikse fondsinsamelingsfunksie kan word. “Ek is bly om te sien die ouergarde het besluit om nié hierdie steakaande te mis nie,” sê Bev Swart, Klubkaptein van Gansbaai Gholfklub. “Hulle het nou wel die kinders tuis agtergelaat en nie so laat soos die vorige keer gekuier nie, maar dit was duidelik dat hulle hulself terdeë geniet het.” Die steaks was weer eens vanuit die boonste rakke en presies na elkeen se voorkeur gebraai. Die gesellige atmosfeer het só oorgeneem, dat Bev hard oor die luidsprekersstelsel moes praat om “orde en stilte” te kry, want daar is so gekuier dat niemand agtergekom het die arme klubkaptein het ‘n paar gevleuelde woorde om te spreek nie.

Twee “verjaardag-gholfers” het ook die gesellige aand bygewoon. Die twee wat gelukgewens is, is JC Crous (77) wat ‘n gereelde Vrydagaand-besoeker is en Walter Strydom (80) wat vir etlike jare die visie-president, asook baanopsigter was.

“Dan is ek verheug om te sien dat Freddie en Kokkie Engelbrecht ‘n enorme borgskap vir die Gansbaai Classic aangebied het,” vertel Bev. “Freddie was verlede jaar ook die Sakekamer se hoofborg en vanjaar is dit die grootste borgskap deur ‘n enkele persoon wat ons gholfklub nóg gekry het.” Die aand is ook deur sowat 15 lede van die Birkenhead Boothengelklub ondersteun, asook deur Jack en Anita Doyle, gereelde besoekers vanaf Engeland en groot ondersteuners van die gholfklub, asook die hengelklub. Bev bedank graag vir René vir die slaai, Awie en Ria vir die “sterk” aartappelgereg, Danie 2 vir die broodtafel en die knap braaiers, JP en Jakkie. Gansbaai Gholfklub se volgende steakaand sal op Vrydagaand, 2 Mei plaasvind en almal is welkom.

Vir klubnavrae kan Jannie Brandt by 028-384-1441 geskakel word.

Hardus Botha

Gholf Steakaande op dreef

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles