Vyeboom Boorinsek

Vyeboom Boorinsek

Gansbaai Courant

Die boorinsek in sy kewerstadium

Gansbaai Courant het sowat ‘n jaar gelede oor die vyeboom boorinsek berig, wat soos ‘n plaag vanuit die Kaap versprei het (Gansbaai Courant, 14 April 2013).

Groot kommer bestaan weer eens onder vyeboomeienaars oor hierdie dodelike insek vir vyebome en ‘n herhaling van die inligting kan dalk van hulp wees. Die insek staan bekend as die Phryneta spinator (Fig tree borer), of te wel die vyeboom boorinsek.

In sy boek, The fig and willow borer (1919), skryf D Gunn dat die larwe letterlik in die stam inboor en dat dit vyebome kan laat vrek, veral ouerige bome. Hy meld ook dat die beheer van hierdie plaag baie moeilik is en dat daar ook geen opgetekende rekords van natuurlike vyande vir die kewer bestaan nie.

Die kewer (beetle) word sowat 35mm lank word aan sy lengte, lang voelhorings, gestreepte voorkoms en die prominente doringagtige uitsteeksels weerskante van die borskas uitgeken. Sy lewenssiklus is langer as 3 jaar. Eiers word in die somer in 'n T-vormige spleet wat die wyfie in die boomstam maak, gelê en die broeitydperk is tussen 10 en 18 dae. Die uitgebroeide larwes voed op die bas van die boom, maar "kou" later hul weg oop deur die stam, wat letterlik "tonnels" tot gevolg het. Die larwe ontwikkel dan in 'n papie, wat in 'n "kamer" bestaande uit kalsium karbonaat en 'n gom-mengsel bestaan. Die volwasse insek maak dan sy verskyning. Onder andere moet die larwes letterlik uitgesny word en 'n draad kan fisies in die tonnels ingesteek word, waarna gifstowwe ingespuit kan word.

Die webtuiste,
www.biodiversity explorer.org/beetles/cerambycidae/phryneta_spinator.htm, kan vir volledige inligting besoek word.

Die beste insektedoder wat deur Effekto se bemarker, JP Joubert aanbeveel word, is Efecto Insect Granules 500g, terwyl Efecto Steriseal 100ml as ‘n seëllaar gebruik kan word.

Hierdie middels, asook verdere advies, is by Overberg Agri Stanford beskikbaar.

Hardus Botha

Die boorinsek in sy larwestadium

Vyeboom Boorinsek

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles