Planteleer vir Bietoubossers

Planteleer vir Bietoubossers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Mirriam Cotton (aanbieder) saam met Aletta Lochner en Marie de Jager tydens die oorhandiging van ‘n blyk van waardering aan Mirriam

Die maandelikse byeenkoms van die Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders is goed deur sowat 60 lede bygewoon. Die gasvrouens, Aletta Lochner en Marie de Jager met hulle span het behoorlik uitgehang en die groot groep dames het hulself, soos gewoonlik, terdeë geniet - dit geld natuurlik vir die smaaklike verversings ook. Mirriam Cotton het as gasspreker opgetree en die Bietoubossers het ‘n deeglike fitologie-inligtingsessie gehad, wat hulle eerder as ‘n planteleer-sessie sou wou beskryf.

“Mirriam het begin deur agtergrondgeskiedenis oor haarself aan die dames verskaf, wat almal baie interessant gevind het,” vertel Elzma de Lange. “Daarna het sy met haar aanbieding oor plantegroei in ons tuine begin.” Mirriam het die dames deeglik uitgevra oor probleme wat ‘n rol in hul tuine in hierdie omgewing speel, soos die wind en sanderige of swak grond. ‘n Belangrike vraag onder die dames het oor die onsuksesvolle aanplanting van proteas gehandel. “Die groot probleem is dat die proteas in potte geplant is en dan in warm, sanderige grond uitgeplant word,” het Mirriam gesê.

Sy het ‘n groot verskeidenheid van plante as voorbeelde saamgebring en die dames het etlike nuttige en praktiese wenke van haar ontvang. Dit het ingesluit die verskillende plantspesies wat goed hier sal aard en watter spesies liefs vermy moet word. “Anita Huisamen was die gelukkige wenner van ‘n pragtige aalwyn, asook ‘n aanbod vir die gratis uitlê van haar tuin,” vertel Elizma. Ná die interessante gesprek rondom tuinplante, is daar gesellig saamgekuier en verversings geniet. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 13 Mei 2014 om 10:00 in die Kleinsaaltjie.

Vir Bietoubos-navrae kan Annette van Zyl (voorsitter) by 028-384-1075 gekontak word.

Planteleer vir Bietoubossers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles