Geniet die tydjie by die see

Geniet die tydjie by die see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is niks in oorvloed nie (behalwe dalk hotties), maar daar is ook niks om oor te kla nie. Die bootmanne het nie sleg gevaar nie. Die mooier weer en baie warm water (tot soveel as 24 grade, by tye) is dalk die rede daarvoor. Buiten die genoemde hotties, en dié is steeds spekvet, is daar ook geelbek gevang, kabeljou het gesig gewys, baie mooies, nogal. Die romanne is redelik volop en soos die bygaande foto aandui, is daar mooi PW’s, oftewel rooistompneuse. Dan is daar baie aasvis soos harders, maasbankers en ook elwe. Makriel word so tussenin gevang.

Albert Potgieter met sy mooi PW, ‘n hele 5.2 kilogram, en 60 cm, aangekeer by Joubert se Dam.

 Iets baie eienaardig het met my gebeur. Ek het ‘n groot gedierte (vis of haai, weet nie) aangehad en in die skoon water kon ek waarneem hoedat die lyn deur ‘n bamboes gevleg word. Die vis was onsigbaar agter die bamboes, en stewig vasgehaak. Uiteindelik het ek besluit om die lyn maar te breek. En nou die snaaksigheid  --  elke keer wanneer ek hard aan die lyn trek het ‘n groot aantal lugborrels na bo ontsnap. So het dit lank aangegaan. ‘n Rob? Onmoontlik! Dalk lug wat ontsnap vanuit die bamboesstele. Enigeen ‘n idee wat dit kon wees?

Die weer op die oomblik is ideal om see toe te gaan, en die visvangery word bysaak soos die dag aangaan. Al wat mens moet doen is om die tydjie te waardeer. Wat jou altyd bybly is die sonsopkoms/ondergang. Van die boot af is dit, tesame met die see wat die prentjie voltooi, eenvoudig asem wegslaan mooi.

Die winter is omtrent hier en die weer reeds aan die verander. Die Paasnaweek is op hande. Welkom aan al die besoekers. Geniet die tydjie saam met ons en wees asseblief versigtig, met die rondryery, maar veral wanneer die see besoek word. Wees altyd op die uitkyk vir enige iets wat jou ongerus stem. Maar, geniet die vakansietyd! 

Groete, Seemeeu

Geniet die tydjie by die see

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles