So moet visse mos lyk

So moet visse mos lyk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

  Oubaas Lesch met sy mosselkraker van 10.64kg en Stephen Ashedin met sy steenbras van 15.62kg. Stywe lyne vir die naweek se rotshengelaars.

 “Só moet visse mos lyk!”, sê Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub met verwysing na hulle onlangse (winderige!) hengelkompetisie wat prag-visse opgelewer het.

‘n Totaal van 20 hengelaars het vir die maandkompetisie ingeskryf.

“Ons ster van die dag was die allemintige steenbras van 15.62kg (nuwe klubrekord vir ‘n steenbras) wat deur Stephen Ashlin, voorsitter van ons klub, gevang is,” sê Elba. “Dit was sy eerste inweegvis by die kushengelklub, asook sy eerste maat steenbras.” Elba sê nog ‘n klubrekord, ‘n mosselkraker, is opgestel met die enorme mosselkraker wat die skaal op 10.64kg tot stilstand laat kom het. “Hierdie vis is deur ons ou staatmaker, Oubaas Lesch gevang, met nog mooi steenbras en galjoene wat ingeweeg is, maar nie naby die kaliber van bostaande visse nie.”

Die kompetisie se finale uitslag is soos volg: Grootste vis - Stephen Ashlin met sy steenbras van 15.62kg; Tweede grootste vis - Oubaas Lesch met sy mosselkraker van 10.64kg; Swaarste sak - Stephen Ashlin (15.62kg).

‘n Heerlike ete het daarna gevolg, met Doreen Fourie wat spesiaal bedank word vir haar smaaklike hoender-pasteie.”

Elba rig graag die volgende bedankings namens die Bestuur: Maynard van Niekerk (verkryging van borge), Buitesteen, Fish Fever, Gansbaai OK Foods, OK Value (Franskraal), Chicken Land, Gansbaai Electric, Rosemary’s, Electric City, Battery Centre en Gansbaai Liquors. “Almal besef dat die ekonomiese toestande borgskappe bemoeilik, daarom ‘n hartlike dankie teenoor alle borge,” sê Elba.

Klublede, asook nie-lede en besoekers, word aan die Interklubkompetisie met Pearly Beach Rots- en Strandhengel-klub op Saterdag, 3 Mei 2014 herinner, met groot pryse wat op die spel gaan wees. Overberg Kushengelklub se 2014-kompetisiedatums is: 3 Mei (Pearly Beach), 7 Junie, 12 Julie, 9 Aug, 6 Sept, 11Okt (Stilbaai-naweek) en 26 Des. Inskrywings is Vrydagaande en inweeg die volgende dag om 18:00 by Overberg Boothengelklub se klubgebou.

Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.       

Hardus Botha

Stephen Ashlin met sy steenbras van 15.62kg, saam met sy dogtertjie, Sarah-Lee

So moet visse mos lyk

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles