Blog

Reuse Oorwinning vir Black Leaves

Reuse Oorwinning vir Black Leaves

Gans-Berg Nuus / News

Reuse Oorwinning vir Black Leaves

“Black Leaves het die tweede rondte van die Streekuitdaag Overberg 1 op 'n hoë noot op Blompark Sportgronde, hulle tuisveld, begin,” skryf Heinrich Vermeulen, die span se verslaggewer.  “Hulle het die Elim Blues met 82-3 behoorlik afgeransel.”  Dit was aanskoulike hardloop-rugby aan die kant van die Black Leaves wat die toeskouers die hele wedstryd op hulle tone gehou het.  Aidan Wildschut se skopskoen het verdere 'kleur' aan die wedstryd gegee - hierdie jongman se persoonlike bydrae met sy akkurate skopskoen was 22 punte.  

Heinrich beskryf die 1ste helfte so:

Titus druk die 1ste drie, verdoel deur Aidan Wildschut (7-0); Monty Adams volg met die 2de drie op, verdoel deur Aidan (14-0); Monty druk sy 2de drie, verdoel deur Aidan (21-0) en 'n bonuspunt-drie word deur Brenton-Lee Dickson gedruk, ook deur Aidan verdoel (28-0); Jurie Groenewald kuier ook agter die doellyn en Aidan maak weer nie 'n fout met sy doelskop nie (35-0); dan slaag Elim Blues met 'n strafskop (34-3); Justice Jacobs druk die Black Leaves se 6de drie en Aidan stel nie teleur nie, met die rustydtelling 42-3 in Black Leaves se guns.

Die 2de helfte verloop eweneens skitterend vir Black Leaves.  Nog 6 drieë word deur hulle gedruk: Brenton-Lee Dickson (2); German Lewis (2); Jaybery Mouries (1); Zukanye Tomose (Foley) (1).  Aidan slaag met 5 van die 6 doelskoppe - eindtelling 82-3!  Brenton-Lee Dickson is as die speler van die wedstryd met sy Driekuns aan drieë aangewys.

“Die bestuur en span van die Black Leaves bedank graag die toeskouers vir hulle ondersteuning,” sê Heinrich.  “Eerskomende naweek reis die Black Leaves na Greyton om die Greyton Rugbyklub die stryd aan te sê.”  Die Gans-Berg Nuus wens die span alle sterkte toe!

(Vir lesers wat dalk nie weet nie, Black Leaves se kleure is swart en geel)

Hardus Botha

Reuse Oorwinning vir Black Leaves

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles