Blog

Elna van Zyl tree af by Great White Junction...na 15 jaar

Elna van Zyl tree af by Great White Junction...na 15 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Elna van Zyl tree af by Great White Junction...na 15 jaar

Elna van Zyl, 'n bekende gesig by die Great White Junction, het besluit om na sowat 15 jaar af te tree. Sy het die skoonmaakdienste-kontrak gehad en was, maar is steeds, die Tuinbestuurder. Sy het op 31 Julie 2025 die tuig neergelê - maar nie in geheel nie, haar aftrede is net op haar skoonmaakdienste van toepassing. “Ek het besluit om steeds met die Tuinkontrak wat ek met die Bestuur het, aan te gaan - dit is 'n werk wat ek baie geniet.”

Elna se verantwoordelikhede met haar private skoonmaakdienste vir die Great White Junction, het onder andere die publieke areas, binnehof, toilette en dies meer ingesluit. Sy sê die finale afskeid van haar drie personeellede was vir haar baie emosioneel. “Hulle kom baie jare saam met my en ons het baie geheg aanmekaar geraak,” het sy gesê. Eerstens is daar Des, wat vir 12 jaar saam met Elna as haar bekwame en getroue regterhand gewerk. “Des het altyd gesê sy is die 'generator',” vertel Elna. Die ander twee, eweneens bekwame en getroue personeellede, is Aphiwe vir 8 jaar en Piky vir 7 jaar. “Gelukkig is al drie van hulle deur die nuwe kontrakteur, Essential Cleaning Services, oorgeneem en is hulle dus nie nou sonder werk nie,” het Elna gesê. 

Voorheen was Elna en haar eggenoot, wyle Piet van Zyl, twee bekende gesigte by die sentrum. Piet het sedert 2008 as Onderhoudsbestuurder van die Great White Junction gewerk, maar hy het Elna op 8 Julie 2021 ontval. Sy het kort nadat Piet daar begin werk het, in 2010 by hom ingeskakel, maar as Tuinbestuurder, asook die skoonmaakdienste. Na Piet se afsterwe het sy alleen met haar kontrakte voortgegaan. Piet se pos as Onderhoudsbestuurder is deur 'n ander persoon gevul. Elna het dus vir 15 jaar as Tuinbestuurder, asook met die skoonmaakdienste, daar gewerk.

Elna sal gemis word vir haar vriendelikheid, presiesheid en netjiese skoonmaakdienste in die sentrum, maar sal gelukkig as Tuinbestuurder steeds na die tuin en bome omsien.

Hardus Botha

Elna van Zyl tree af by Great White Junction...na 15 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Cleanup Success

Gansbaai Cleanup Success

Baie dankie aan elke kampioen wat deelgeneem het aan die Groot Gansbaai-skoonmaak! 

Gansbaai Tourism
Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium is a contemporary botanical art collection which depicts over 120 species of fynbos found on Grootbos...

Grootbos Foundation
New Community Mural in Blompark

New Community Mural in Blompark

We are delighted to have our first mural in Blompark, in March 2026, a dream come true for GGAP! 

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We had a fabulous day out on the water today with a variety of different marine species.

Surviving the Narcissist

Surviving the Narcissist

There comes a moment after leaving a narcissistically abusive relationship when you realise something unexpected.

See All Articles