Blog

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 3-

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 3-

Gans-Berg Nuus / News

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 3-

Elna Nel se kunstige Dagboek, 'BOT-NAM Avontuur', is 'n bron van uitstekende inligting, maar ook 'n vreugde om deur te werk. In Deel 3 gaan ons voort met die egpare Fanie en Judy Bothma (Toerleiers) van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha se reis deur Botswana en Namibië (8 Mei tot 27 Junie). 

In Deel 3 vertrek hulle op 21 Mei 2025 na Savuti via Chobe Nasionale Park, waar eie storte, toilette en opwasgeriewe in die kampterrein op hulle wag - “en Judy se heerlikste Chinese hoenderbraai met rys!” skryf Elna. Hulle ry weer oor die lang, stukkende bruggie oor die Khwai-rivier met 'n slegte grondpad. 'n Bordjie dui aan: Chobe National Park, en hulle is gelukkig om baie olifante daar te sien. Daarna volg die Mababe Gate, met nog 66km na die Savuti Gate. Na dik sand (4x4's spook!) en 'n sinkplaatpad, ry hulle oor die Savuti-rivier en stop vir piekniek. 

Ná die Ghoha-hek, ry hulle deur dik sand wat die vorige sandpad na kinderspeletjies laat lyk, met nog groter uitdagings “waar die 4x4's stoei” om deur te kom en die brandstof wat al minder raak - 2 ure van intense uitdagings. By Kachikau klim hulle op 'n teerpad en aanskou die mooiste natuur-omgewing met kremetart- en akasiabome. Op die A33-roete was daar verligting om brandstof te kon ingooi en hulle ry rustig verder tot in Kasane, waar hulle net buite die dorp in Kazangula kan nesskrop.

Elna skryf dit is pragtig by die Big 5 Chobe Lodge met pragtige bome, tuine, swembad en....WiFi vir boodskappe! Daar maak hulle kennis met Kobus en Johanna Botha van Pretoria - klein wêreldjie. Die volgende oggend (16de dag), ry hulle na Tony's Mobile Safaries waar Fanie vir hulle 'n bootrit bespreek het. Dit is 'n kleinerige boot (6-8 mense) wat verkieslik beter is bo die groot toeristebote aangesien gaste kan versoek dat die skipper ook 'n voëlkenner moet wees. Verder kan die skipper versoek word om te fokus op dit wat die gaste verlang soos die soek vir sekere skaars of besonderse voëls of diere. Die gids en stuurman is Matenga, wat interessante besienswaardighede aan hulle uitwys, asook krokodille wat tot 5-10 meter lank word en sowat 120 jaar oud word. “Die bootrit was absoluut die geld werd,” skryf Elna.

Die volgende dag is hulle weer op die A33, rigting Katima Mulilo. By die Ngoma Border Post kon hulle op die brug stilhou vir foto's, waarna hulle oor die grens Namibië binnery. Sommer gou is hulle by Katima Mulilo en Fanie vertel hulle dat die Zambesi-rivier nou regs van hulle is. Die egpare beleef 'n rustigheid wat Dolf soos volg beskryf: “Die kamplek lê op die oewer van die Zambesi-rivier en dit is moeilik om die plek in woorde te omskryf.” Japie en Chané, wat die kampplek bestuur, wys vir hulle die Namwi eiland en vertel dat dit net die boomtoppe is wat hulle sien, aangesien die eiland heeltemal oorstroom het.

Na 'n onvergeetlike tydjie verken ons Namibië volgende week in Deel 4 verder saam met die egpare op pad na Divundu en Ngepi Camp.

Hardus Botha

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 3-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Cleanup Success

Gansbaai Cleanup Success

Baie dankie aan elke kampioen wat deelgeneem het aan die Groot Gansbaai-skoonmaak! 

Gansbaai Tourism
Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium is a contemporary botanical art collection which depicts over 120 species of fynbos found on Grootbos...

Grootbos Foundation
New Community Mural in Blompark

New Community Mural in Blompark

We are delighted to have our first mural in Blompark, in March 2026, a dream come true for GGAP! 

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We had a fabulous day out on the water today with a variety of different marine species.

Surviving the Narcissist

Surviving the Narcissist

There comes a moment after leaving a narcissistically abusive relationship when you realise something unexpected.

See All Articles