Blog

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 4-

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 4-

Gans-Berg Nuus / News

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 4-

In Deel 4 gaan ons voort met die egpare Fanie en Judy Bothma (toerleiers) van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha se reis deur Botswana en Namibië (8 Mei tot 27 Junie). Elna Nel se kunstige dagboek, BOT-NAM Avontuur, is steeds 'n bron van uitstekende inligting.

26 Mei 2025, Dag 19 - die egpare ry vanaf Katima Mulilo na Divundu en Ngepi Camp. Elna skryf dat hulle verby informele dorpshuisies van klei en/of strooi ry, met piepklein winkeltjies en stalletjies. Een naam lees: Six Pence Village One. Hulle sien borde wat die Rupara Nasionale Park en Ndumo Nasionale Park na links aandui voordat hulle by Kongola aankom. Voor hulle Ngepi Camp bereik, ry hulle deur pragtige natuurskoon en oor 'n brug met 'n asemrowende uitsig oor die Okavangorivier. Die mede-eienaars van Ngepi is Suid-Afrikaners, Shannon en haar man, Gareth. Ons egpare kamp op die gras in die lagwekkend en komies ingerigte kampterrein. Daar is verskeie ablusiegeriewe en storte met beskrywende en humoristiese name. Daar is selfs 'n swembad wat van dik staaltraliewerk gebou is en in die Okavangorivier dryf, sodat mense tussen die krokodille en seekoeie kan swem.

Na ontbyt beweeg hulle na die makoro's van glasvesel - nie soos die oorspronklike houtkanoeë nie. Sodoende word minder bome afgekap en baie arbeidstyd word gespaar. Hulle gids, Celestino, verduidelik mooi hoe hulle moet sit en balanseer om nie krokodilkos te word nie! Elna skryf: “Ons konsentreer baie mooi, maar hoor die volgende gesprek op die water: 'Stefaans (Fanie), sit stil!' - 'Judy, ek sit so stil ek haal amper nie asem nie!'.” Benoud of nie, die egpare beleef 'n ongelooflike 2½ uur op die Okavangorivier - onder andere met 'n groot groep seekoeie baie naby aan hulle. Daar is ook 'n verskeidenheid van voëls, wilde makoue en selfs baie kolganse, asook die skaars dwerglangtoon (Lesser Jacana).

Die volgende dag ry hulle bietjie rond, onder meer na 32 Bataljon (ou SADF-militêre basis), waar die bekende kol. Breytenbach met sy troepe gestasioneer was. In die Bwabwata Nasionale Park draai hulle af na die Buffalo-sektor. Die hoeveelheid murasies skep die indruk dat dit eens 'n baie groot weermagkamp was, wat nou deel van die Nasionale Park is. Dit is toelaatbaar om in die park jou voertuig te verlaat en in die veld piekniek te hou - jy word net gewaarsku om bedag te wees op wilde diere soos leeus, olifante, ensovoorts. Op pad terug na die Ngepi-kampterrein was die egpare gelukkig om groot hoeveelhede diere te sien, insluitend olifante en seekoeie.

Die volgende oggend ry hulle in Rundu se rigting en verby baie saamgebondelde gehuggies. Op pad na Grootfontein ry hulle deur die Rooilyn - Mururani (Otjozondjupa-streek) Animal Disease Checkpoint, waar geen rou vleis vanaf noord na suid vervoer mag word nie as gevolg van bek-en-klouseerbesmetting. Hulle ry ook verby die Mangetti Nasionale Park en tussen Tsumeb en Grootfontein kom hulle by die Kupferquelle Resort aan - waar behoorlike luuksheid op hulle wag! In Tsumeb kon hulle ook hul voorrade aanvul, aangesien daar vir die volgende 14 dae geen winkels beskikbaar is nie. In hierdie berig fokus ons op enkele komiese foto's.

Na nóg 'n interessante gedeelte verken ons Namibië volgende week in Deel 5 verder saam met die egpare op pad na Ruacana en oornagplekke langs die Kunenerivier.

Hardus Botha

Ons verken Botswana en Namibië -Deel 4-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Cleanup Success

Gansbaai Cleanup Success

Baie dankie aan elke kampioen wat deelgeneem het aan die Groot Gansbaai-skoonmaak! 

Gansbaai Tourism
Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium is a contemporary botanical art collection which depicts over 120 species of fynbos found on Grootbos...

Grootbos Foundation
New Community Mural in Blompark

New Community Mural in Blompark

We are delighted to have our first mural in Blompark, in March 2026, a dream come true for GGAP! 

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We had a fabulous day out on the water today with a variety of different marine species.

Surviving the Narcissist

Surviving the Narcissist

There comes a moment after leaving a narcissistically abusive relationship when you realise something unexpected.

See All Articles