MELODRAMA: MAAK ‘N KINDERHART BLY
As die ligte aangaan en ‘n saal vol vrolike gesiggies straal helder voor jou, besef jy dis waarvoor al die ure se oefening was en dit maak dit alles die moeite werd.
Die 2025-Melodramagroep oefen reeds sedert Mei aan vanjaar se opvoering, wat in November plaasvind by Panorama Trou Venue. Soos elke ander jaar, word die eerste vertoning spesiaal vir minderbevoorregte kinders in die omgewing aangebied. Hierdie jaar vra die groep weer die publiek se ondersteuning om ‘n kind te borg teen R60. Dit sluit toegang tot die vertoning in, sowel as ‘n hotdog en ‘n koeldrank.
Ons oefen tans een keer per week by die Info Center, en die verhoog is amper gereed vir die groot oomblik!
Die vertoning vind plaas op Vrydag 7 November 2025, met die Gala-aand op Saterdag 8 November 2025 by die Panorama Trou Venue.
Kontak: Juanita Hage vir meer besonderhede oor hoe om kinders vir die vertoning te borg, of om kaartjies vir die aande aan te skaf.
Hierbo is die groep afgeneem wat weekliks met geesdrif oefen.










