Gansbaai neem afskeid van Daan Victor (83)…

Gansbaai neem afskeid van Daan Victor (83)…

Gans-Berg Nuus / News

image left

Gansbaai neem afskeid van Daan Victor (83)…

Ingenieur, sportman en toegewyde gelowige.

Andries Daniël Wynand (Daan) Victor (83) se onverwagse heengaan op Dinsdag, 19 Augustus 2025, ná 'n siekbed van slegs sowat 'n week, het hartseer en skokgolwe in die gemeenskap, sowel as binne kerklike- en gholfkringe, veroorsaak. “Daan het die Saterdag voor sy siekbed nog gholf gespeel,” vertel sy eggenote, Marthie. “Maar, ongeag wie en wat Daan alles was en oor hoeveel grade hy beskik het, is daar een eienskap van hom wat bo alles uittroon: Hy was 'n opregte kind van Jesus,” het Marthie en Wynand, Daan se seun, tydens 'n onderhoud met die Gans-Berg Nuus met diepe oortuiging gesê.

Daan, 'n afgetrede elektriese ingenieur, is op 26 November 1941 in Upington gebore. Hy het vyf broers (waarvan drie reeds oorlede is) en twee susters (waarvan een oorlede is). Daan het in Karos, sowat 40 km vanaf Upington, grootgeword en tot graad 7 skoolgegaan. Ná sy pa se aftrede as skoolhoof, verhuis die gesin na Potchefstroom, waar Daan einde 1959 aan die Hoër Volkskool, Potchefstroom, matrikuleer. Daarna het hy onder andere die volgende kwalifikasies verwerf: agt jaar aan die Universiteit van Stellenbosch (B.Sc. B.Ing, Swak- en Swaarstroom - 1969), en drie jaar deeltyds aan die Universiteit van Pretoria (M.Ing, Ingenieursbestuur - 1992).

Op 12 Desember 1969, bykans 56 jaar gelede, tree Daan met Marthie (Olivier) van Kimberley in Stellenbosch se Moedergemeente in die huwelik. Marthie is 'n gekwalifiseerde pre-primêre onderwyseres en was in Gansbaai aktief betrokke by Cool Kids en die nasorgdiens vir graad 5's in die Gansbaai AGS-gemeente. Uit die huwelik is twee kinders gebore: Wynand (51), 'n senior forex-konsultant by Corporate and Investment Banking, en Talita (45), getroud met Eugene Dollman. Talita en Eugene is sendelinge tussen Nepal en Indië en hul het twee seuns: Daneil (14) en Luca (12).

Daan se beroepslewe getuig van jare se ingenieurs-ervaring en uitsonderlike prestasies. Op sportgebied het hy ook uitgestaan en verskeie toekennings ontvang. Hy was 'n kranige rots- en strandhengelaar (kampioen) en het op die hoofbestuur van die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga gedien. In Maart 2003, ná Daan se aftrede (en Marthie s'n 'n jaar later), het die egpaar van Durban na Franskraal verhuis. Daan het sedert 1975 verskeie posisies in kerklike verband beklee. Sedert 2003 was Daan 'n integrale deel van Gansbaai Gholfklub (Sien gholfberig in hierdie uitgawe) - met twee kolhoue (“hole-in-one”) agter sy naam.

'n Lewensvieringsdiens vir Daan is op Dinsdag, 26 Augustus 2025, deur ds. Ben Blom in die NG Kerk, Gansbaai gehou. Die kerkkoor, waarvan hy sedert sy aankoms in Gansbaai lid was, het God is Liefde tydens die diens gesing. Daan se afsterwe laat 'n groot leemte in die gemeenskap, die NG Kerk en die Gansbaai Gholfklub agter - lank sal sy nagedagtenis voortleef.

Hardus Botha

Gansbaai neem afskeid van Daan Victor (83)…

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Cleanup Success

Gansbaai Cleanup Success

Baie dankie aan elke kampioen wat deelgeneem het aan die Groot Gansbaai-skoonmaak! 

Gansbaai Tourism
Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium Talk with Chris Lochner

Grootbos Florilegium is a contemporary botanical art collection which depicts over 120 species of fynbos found on Grootbos...

Grootbos Foundation
New Community Mural in Blompark

New Community Mural in Blompark

We are delighted to have our first mural in Blompark, in March 2026, a dream come true for GGAP! 

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 17 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We had a fabulous day out on the water today with a variety of different marine species.

Surviving the Narcissist

Surviving the Narcissist

There comes a moment after leaving a narcissistically abusive relationship when you realise something unexpected.

See All Articles