Klugspel is Aksie gereed

Klugspel is Aksie gereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die “hartseer” Bergies nadat Sneeuwitjie die bose Koningin se vergiftige appel geëet het

Gansbaai Courant het verlede week berig oor die skreeusnaakse “Klugspel Operette” wat nie misgeloop moet word nie.

Die NG-gemeente se koorlede het baie opgeoffer en baie hard geoefen, insluitend al die moeite met ‘n pragversierde verhoog en voorportaal en kostuums.

Die beplande klugspel-operette is Sneeuwitjie en die 7 Bergies wat met ongekende humor op die gehoor wag. Die klugspel-operette is oorlaai met humor, skreeusnaakse tonele, die onmoontlike en gepaardgaande met sang en musiek.

“Ons wil die gehoor laat skaterlag soos lanklaas, maar tersefdertyd wil ons fondse op hierdie wyse insamel as ons bydrae tot die herstel van die kerkhorlosie,” sê Aletta Lochner, koorafrigter en ook regisseur van die operette.

Die toneelspelers, insluitend Sneeuwitjie en die bose Koningin, word deur manlike koorlede vertolk. Die dames-koorlede sorg vir bykomende- en agtergrond koorsang, met Annelene Reinke agter die klavier, Dirk Buchner met sy kitaar en Jack White met sy trompet.

Die gewilde VGK Mannekoor lewer ook ‘n bydrae, met Mike Geldenhuys wat vir die professionele beligting verantwoordelik is. Selfs Rooikappie maak haar verskyning op die verhoog. Die 7 Bergies is mynwerkers en selfs ‘n staking kom ter sprake. Dan is daar nog die Lakei, die Waarsegster, die Houtkapper en natuurlik die Prins op sy besemstok-houtperd. Die oorspronklike verhaal van Sneeuwitjie en die 7 Dwergies sal nooit weer dieselfde wees nie. Bekende liedjies, maar met “unieke en eie” beryminge, is onder andere wat gehoor sal word. Verversings ten bate van Herberg-aan-See sal tydens die pouse te koop aangebied word. Om hierdie unieke weergawe te beleef, kan kaartjies vir so min as R40 (volw) en R20 (kinders) by die NG Kerkkantoor gekoop word, maar dit sal ook by die deur gekoop kan word.

Die klugspel-operette word eerskomende Vrydag- en Saterdagaand, 25 en 26 April 2014 om 19:00 vir 19:30 in die Pretoriussaal aangebied.

Hardus Botha

Klugspel is Aksie gereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles