Fun Walk vir Gansies

Fun Walk vir Gansies

Gansbaai Courant

Die wegspring van ‘n vorige gesellige “Fun Walk” by Gansbaai OK Foods, hierdie keer ten bate van De Kleine Gansies (Argieffoto: Gansbaai Courant)

‘n “Fun Walk” vir die bewusmaking van fiksheid en algemene gesondheid word vir Saterdag, 3 Mei 2014 beplan.

“Soos die vorige keer, sal hierdie staptog weer eens vir groot pret sorg, met die fondse wat vanjaar ten bate van De Kleine Gansies Kleuterskool sal wees,” vertel Jackie Lombaard. Die inisieerders van hierdie pretstappe is Pieta Botes van Xtreme Fitness, Gansbaai OK Foods en Jackie Lombaard (voorsitter: De Kleine Gansies).

Jackie sê die staptog begin om 10:00 by Xtreme Fitness (bokant ABSA), met die inskrywings wat reeds om 09:00 begin. Inskrywingsvorms is by Xtreme Fitness (gym), De Kleine Gansies Kleuterskool en dr Rigardt van Huyssteen beskikbaar. Die roete strek vanaf Gansbaai OK Foods se agterste parkeerarea, af na Gansbaai Karavaanpark en dan kuslangs tot by Stanford’s Cove en weer terug. Waterpunte sal langs die roete deur drs HC & KA Barnard Mediese Praktisyn, Blue Goose restaurant, Xtreme Fitness en De Kleine Gansies geborg word, met Gansbaai OK Foods wat weer vir smaaklike verversings en ‘n lafenis by Stanford’s Cove sal sorg. 

“Wanneer die deelnemers terug is by Xtreme Fitness, begin die werklike pret met die tema ‘Wat maak vir Gansbaai lekker?’,” sê Jackie. “Die pryse en spesiale pakkette sal ook dan aangekondig word.” Kostes vir deelname beloop ‘n skrale R20 per deelnemer en dit is ten bate van De Kleine Gansies Kleuterskool.

Vir meer besonderhede kan Pieta Botes by 072-409-6732 geskakel word, of skakel vir Jackie Lombaard by 076-873-4386.

Hardus Botha

Fun Walk vir Gansies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles