Vier Internasionale Brandbestryderdag saam met Overstrand Munisipaliteit

Vier Internasionale Brandbestryderdag saam met Overstrand Munisipaliteit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wêreld sal op 4 Mei Internasionale Brandbestryder-dag vier – ’n dag van herdenking aan die wonderlike diens van die dapper mans en vroue wat met brande en noodgevalle bystand verleen. Ons bring ook hulde aan die brandbestryders se hoogste opoffering om hul lewens tot diens van die mensdom te wy.

Die Wes-Kaap is een van die land se ergste geteisterde veldbrandgebiede, waar brande gedurende die lang, warm somers ’n natuurlike verskynsel is. Die werk van die Overstrand Munisipaliteit se Brandweer-, Redding- en Rampbestuursdiens is onontbeerlik in hul pogings om die biodiversiteit van die streek te bewaar.

Sluit vanaf 10:00 op Saterdag, 3 Mei 2014, aan by die brandbestryders van alle deelnemende munisipaliteite in die Wes-Kaap in hulle voertuigparade deur die dorp na die Ou Hawe Nasionale Museum en die Whale Tail-amfiteater.

Die parade sal by Zwelihle-sportterrein begin, vanaf Swartdamweg na die Hoofweg (R43) in Hermanus se rigting beweeg en links draai by die hoofsirkel by die dorp se rand. Dit sal dan langs die Royalstraat-verbypad na die Lord Roberts-sirkel by Station Mall vorder en met Lord Roberts na die Marinesirkel afbeweeg Hoofweg se kant toe, tot by die Ou Hawe se parkeergebied en Gearing se Punt.

Die brandbestryders sal na die parade ’n erewag by die Oorlogsgedenkteken vorm om hulde te bring aan wyle kollegas en die broederskap en susterskap van hul edel beroep te vier. Besoekers sal die interaktiewe aktiwiteite terdeë geniet – bv. 'n verbymars, dril, vertoning van reddingspogings, operasionele en gespesialiseerde brandtoestelle. Die vertonings van brandbestryding sal die hele gesin heeldag vasgenael hou.

Riana Steenekamp

Vier Internasionale Brandbestryderdag saam met Overstrand Munisipaliteit

Riana Steenekamp

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles