Algemene Jaarvergadering

Algemene Jaarvergadering

Gansbaai Courant

ALGEMENE JAARVERGADERING: 15/04/2014

VOORSITTER SE JAARVERSLAG

Agter: Neels Claassen, DJ Heyns, Ben Gericke en Jorine van der Merwe.  Voor: René Beukes, Fanie Bothma en Glenda Kitley.

Dit is vir my ‘n voorreg & groot plesier om hierdie jaarverslag aan u voor te lê. Die afgelope jaar was ‘n goeie jaar vir u Sakekamer – ons het ‘n hele aantal projekte hanteer en daarmee het dit baie goed gegaan. Verder het ons ledetal ook besonder mooi gegroei.

Die ekonomiese klimaat is steeds moeilik. Ons in Gansbaai ervaar dit ook so.

Die wêreldekonomie is steeds in ‘n moeilike fase van lae groei en daar is baie onrus in groot dele van die wêreld wat sake bemoeilik.

Suid-Afrika se ekonomie het in 2013 teen ‘n baie lae koers van 1,9% gegroei en ons sit steeds met ‘n enorme werkloosheidsprobleem. Vinniger groei word gekortwiek deur verskeie faktore soos arbeidsonrus, min buitelandse investering, kragprobleme en ‘n lomp & ongefokusde sentrale regering. Die Aon Corporation se onlangse verslag wys die politieke risiko’s uit as nadelig vir ekonomiese groei.

Die verbruiker kry ook swaar en ongeveer 50% van alle kredietgebruikers sit met ‘n verswakte kredietrekord. Daarom is hulle nie  in staat om te spandeer  nie – onlangse syfers bevestig dit ook. Ons voel dit ook in Gansbaai, maar sien wel tekens van hoop vir besighede.

Gansbaai Sakekamer wil te midde van hierdie moeilike ekonomiese situasie steeds hard werk om ons lede en die groter sakegemeenskap plaaslik te ondersteun. Dit sal u ook sien uit die projekte & aksies waarmee ons die afgelope jaar besig was.

Gansbaai Sakekamer was die afgelope jaar onder andere besig met die volgende:             

1. Nuwe embleem - Ons het ‘n pragtige nuwe embleem ontwerp wat meer toepaslik is vir Gansbaai. U het reeds u lidmaatskapsertifikate ontvang met die nuwe embleem op. Ons briefhoofde is ook dienooreenkomstig aangepas en Bestuur het elkeen ‘n nuwe mooi “Handtekening” gekry wat ons gebruik op ons e-posse. Baie dankie Jan vir jou hulp. Daar is ook ‘n mooi 1-bladsy dokument opgestel met ons Visie, Misie & Voordele wat ons vir belangstellendes kan gee.

2. Entrepreneurskursus – Die week van 12 Aug 2013 het ons ‘n 5-dag entrepreneurskursus aangebied vir jong entrepreneurs.  26 Mense is gekeur en het die kursus bygewoon. Dit is aangebied deur dr Johan Louw en die AHI het dit subsidieer teen ongeveer R3,000 per persoon. Elkeen het ook ‘n pragtige handboek  gratis ontvang. Ons moes sekere kostes dra en die kerkgemeenskappe (Fraternal) het ons pragtig ondersteun deur fasiliteite en het ook die koffietye & middagetes hanteer. Ons is baie dankbaar vir hierdie mooi ondersteuning deur die Fraternal. ‘n Opvolgvergadering met dr Louw is gehou op 2 Oktober 2013 waar hulp verleen is aan enige van hierdie 26 persone wat dit wou benut. ‘n Inkubator is toe gestig om deurlopende ondersteuning te verleen aan die jongmense. Hulle het groepleiers gekies wat nou self die strukture  moet benut tot hulle eie voordeel.

3. Skole opleiding – Dieselfde week het ons ook op die Maandag en die Dinsdag ‘n Entrepreneurskursus by Gansbaai Academia aangebied vir die Senior Leerlinge. Die kursus was ook geborg deur die AHI en dit is aangebied deur Jannie Kruger van die AHI. Elke leerling het ook ‘n handboek ontvang. Dankie Rene vir al jou reëlings. Op Academia se versoek, het ons ook gereël dat die Uitvoerende hoof van die AHI (Christo van der Rheede) al die Senior leerlinge toespreek oor ‘n toekomsvisie en om hulle te motiveer om hulle geleenthede te benut. Ek was daar saam met hom en die leerlinge het aandagtig na hom geluister.

4. Sprekers – Christo van der Rheede (Uitv Hoof van AHI) was ons 1ste gasspreker by  ons Ledevergadering op 27 Aug. 2013. Hy het ook die sertifikate oorhandig aan die jong entrepreneurs. Jannie Mouton was ook ons gasspreker op 24 Oktober 2013 – Harry de Jager van PSG, Gansbaai het dit gereël en die aand was ‘n mooi geleentheid. Dankie Harry dat jy so ‘n bekende sakeman na Gansbaai gebring het.

5. MOU met Munsp – Op 27 Aug 2013 het Gansbaai Sakekamer ‘n MOU  geteken met Overstrand Munisipaliteit . Dit het voortgevloei uit hulp wat die AHI aangebied het aan die Sentrale Regering om sukkelende Munisipaliteite te help. Ons was een van die 1ste Sakekamers in die land wat dit gedoen het. ‘n Komitee is daarna saamgestel bestaande uit die Overstrand se Dir. LED + die Dir. Finansies + SK se Voorsitter & O/Voorsitter. Ons 1ste vergadering was gehou op 08 Oktober 2013 en daar het reeds projekte voortgevloei.

6. Ander gemeenskappe betrek – Ons het weer eens probeer om ander gemeenskappe te betrek by die Sakekamer se aksies. Veral by ons opleiding  & kursusse slaag ons goed daarin, maar hulle is traag om lede te word.

7. Toerisme -  Die Sakekamer werk nou saam met Toerisme in Gansbaai. Verskeie aksies word saam bespreek & beplan & ons betrek mekaar in vergaderings.  Voorbeeld: Sakekamer plant bome by dorpsingange & Toerisme het onlangs die dorp verder verfraai; Sakekamer het vergadering met Wesgro aangevra & Toerisme bespreek daar aksieplanne met Wesgro.

8. Min. Alan Winde besoek – Op 12 Nov 2013 het ‘n afvaardiging van Gansbaai Sakekamer ‘n besoek gebring aan Min. Alan Winde te Kaapstad. Hy het aandagtig na ons voorlegging geluister en hy het daarna die voorlegging nog ‘n keer van voor af deurgewerk. Hy was baie ondersteunend en het aangebied om Departemente & mense van sy kant af te kontak met die versoek om ons te ondersteun.  Van die sake is alreeds in proses en ander  sal binnekort aandag kry. Dankie  raadsheer Pieter Scholtz vir jou bydrae (inligting ingebind in ‘n Bylae tot die verslag) om die voorlegging ‘n mooi dokument te maak.  Maar, kyk nou net wat het reeds gebeur – na die besoek aan Min. Winde was daar reeds 3 Staatsdepartement in Gansbaai om met ons te kom praat. Hulle ry na Gansbaai en kom hou met ons samesprekings – daar word dan aksieplanne bespreek om die projekte te dryf. Ons het net laasweek ‘n aanbod gekry van ‘n Staatsdepartement om nog projekte na hulle te kanaliseer – is dit nou nie lekker as hierdie soort reaksie begin momentum kry nie (dit het ook met die W&S program gebeur)

9. AHI – Soos u weet, is ons geaffilieer by die AHI. Dit kos ons R1,000 per jaar waarvoor ons vele voordele ontvang soos die R78,000 t.o.v die Entrepreneurskursus. Ons kry ook gratis sprekers en ander voordele. Ons ontvang ook baie gereeld ekonomiese nuusbriewe en ander inligting soos geleenthede wat ons lede kan benut – u as lede kry gereeld hierdie inligting per e-pos.

10. Visie vir Gansbaai (Navorsing) – Dit is nou al seker 3 jaar in proses. Ons het dit inisieer en dit het beland by die Overstrand se Dir, LED en dit het toe later beland by die Wykskomitee as ‘n projek waarvoor begroot is maar dit kom nie van die grond af nie. Ek stel voor ons skrap die projek.

11. Ledewerwing – Gansbaai Sakekamer se ledetal het bo verwagting mooi gegroei – middel 2013 was ons so in die 40’s en aan die einde van 2013 was ons baie hoog in die 70’s – ‘n groei van meer as 30 lede! Dankie aan almal vir hulle harde werk en dankie aan die lede wat ons so getrou ondersteun.

12. Gholfdag – Rene het met die idee gekom dat ons ‘n gholfdag moet hou vir fondsinsameling. Daarna het sy begin organiseer. Na baie harde werk is die gholfdag op Saterdag 28 Des. 2013 gehou. Dit was ‘n reuse sukses en ons het R16,600 wins gemaak. Baie Dankie Rene vir jou harde werk.

13. W&S program - Nadat ons dit 2 keer baie suksesvol aangebied het, is ons weer genader deur Min. Alan Winde se Departement vir nog ‘n rondte. Op 23 Aug 2013 het 6 persone van die Departement ons besoek in Gansbaai. Daar is egter baie vertragings aan die Departement se kant  weens die oorskakel na ‘n nuwe belastingvoordeel stelsel wat implementeer word om dit te hanteer.

14. SAPS – Een van ons bestuur nl. DJ verteenwoordig die Sakekamer op die Polisieforum (GPF).

15. Gansbaai Fraternal  - Die Fraternal is die liggaam vir al die geestelike leiers in Gansbaai. Daar bestaan ‘n baie goeie verhouding tussen hulle en die Sakekamer. Ons eet gereeld ontbyt saam en werk ook saam in verskeie aksies soos die Entrepreneursopleiding. Ons was ook genooi na ‘n beplanningssessie  op Saterdag 19 Okt 2013 waar saam beplan is vir Gansbaai se gemeenskappe. Die voorsitter maak selfs vir ons kos as ons as Bestuur vergader.

16. Hawe ontwikkeling - Enkele vergaderings & voorleggings is in Gansbaai aangebied.  Dit klink egter na ‘n lang en omslagtige proses waar ons nie veel invloed kan uitoefen nie.

17. Kaap Agulhas Sakekamer – Die AHI het hulle na Gansbaai Sakekamer verwys vir hulp. Ons het hulle laat Julie 2013 gehelp om aan die gang te kom.

18. Rolbal : Besigheidsliga – Ons was weer betrokke hierby.

19. Grootbos Foundation – Nina en haar mense is besig met ‘n voedsel produksie & werkskeppingsprojek vir agtergeblewende gemeenskappe. Dit was deel van ons voorlegging aan Min. Winde. Die Departement het ons besoek op 25 Febr 2014 en daar is aksieplanne bespreek. Die 1ste fase van hierdie projek is reeds afgehandel en nou moet die res voortgaan.

20. Wesgro – Die Departement het Gansbaai besoek op 4 Febr 2014. Die Sakekamer & Toerisme het hulle saam te woord gestaan. Ons het saam beplan en aksieplanne is bespreek met teikendatums. Glenda het reeds werk afgehandel en ingedien by Wesgro. Die Sakekamer het die aksie inisieer met die besoek aan Min. Winde, maar die fokuspunte moet deur Toerisme gedryf word.

21. Ander projekte – ons is ook besig met ander projekte soos “Bird Hides” om toeriste te lok, die ligtoring en nog ander wat in proses is. Dan is daar ook projekte wat vir Gansbaai gemeenskap voordele kan bring soos die PACA proses waaraan ons werk. Hier is ons weer afhanklik van ander mense soos die Dir. LED by Overstrand Munisipaliteit. Kom ons vertrou hulle gaan hulle kant bring. Daar is ook ‘n aanbod aan die Sakekamer gemaak vir hulp ten opsigte van armoedeverligtingsprojekte waar ons skole & crèches kan fasiliteer as hulle sou belangstel.

22. Kersmark – Soos u bewus is, is daar weer ‘n aksie aan die gang teen die Kersmark met ‘n petisie wat opgestel is. Weens dit is daar nou boikotaksies teen hierdie besighede wat die petisie geteken het. Die sakekamer moet nou vure doodslaan – ons het al baie dae se tyd hieraan spandeer, vergaderings gehou, mense besoek en baie oproepe gemaak.

23. Ons is eintlik erg omgekrap oor die organiseerders se onverantwoordelike optrede. Hulle is kortsigtig en oningelig en nou sit ons as Sakekamer met die gemors om weer as bemiddelaar te prober keer dat boikotte van besighede plaasvind – Gansbaai kan dit nie bekostig nie. Daar behoort ook nie vir sulke mense ‘n platform geskep te word om sulke chaos te veroorsaak nie. Dit word more op die Wykskomitee hanteer en ek sal dus later hieroor terugvoering gee. 

24. Finansies - Ben sal hanteer. Baie dankie Ben vir jou mooi werk om ons finansies so netjies te hanteer.

Dankie aan die Sakekamer Bestuur vir julle ondersteuning en mooi gees van samewerking.  Soms het ons ‘n bietjie baie hooi op ons vurk gehad, maar ons is daardeur. Ons is jammer vir die persone wat te oorlaai is met werk en nie kans sien om voort te gaan op die Bestuur nie – Harry & Jan het gevra om nie aan te gaan nie. Dankie.  Dankie aan Glenda vir haar ondersteuning as dit druk gaan.

Dit is ook lekker om te werk in ‘n gemeenskap waar ons met mekaar saamwerk en ondersteun. Daar heers ‘n goeie verhouding tussen baie van die rolspelers in die gemeenskap. Van die Sakekamer se kant af doen ons moeite om goeie verhoudinge te bou en in stand te hou. Ons poog ook om die groter gemeenskap se belange te dien soos u kan sien uit die aksies vannaand gerapporteer.

Ons groot dankie gaan aan ons Hemelse Vader vir Sy versorging & liefde. Ons is afhanklik van Hom - - - - maar weet julle ?? :, . . . . . Dis lekker om afhanklik te wees van Iemand wat jy kan vertrou !!

Dankie vir die vertoue gestel in my en in ons as u bestuur.

Fanie Bothma, Voorsitter

Algemene Jaarvergadering

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles