Kreef op die spyskaart

Kreef op die spyskaart

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Paasnaweek het Anton Roos (woonagtig in die Strand) in Franskraal gaan kuier, die heerlike weer benut en sy kwota kreef gaan uithaal. Hier spog skipper Anton, sy seun, Johan en sy maats, Francois en Alnico Kruger met van hulle vangs.

Die water was op ‘n stadium baie, baie warm en daar ís vis gevang. Paasnaweek het die watertemperatuur baie gesak, en hoewel dit nie die visvangste ten beste beinvloed het nie, was dit goeie nuus vir die ouens wat gaan soek het vir kreef. Sommige ouens kon egter nie kla nie. Let wel, die huidige kreefseisoen is iets van die verlede.

Om ‘n boot te besit is sekerlik ‘n groot seën en iets wat enige jong hengelaar maar net oor kan droom. Vir die wat daarin geslaag het en vir wie die seetoe-ganery soort van alledaags geword het, is dit tog iets wat te alle tye ‘n voorreg bly. Tesame hiermee gaan ook die besef van wat daarmee gepaardgaan en ‘n pligsbesef wat hand aan hand gaan met die titel van skipper. Daar is baie booteienaars wat op die swaar manier geleer het dat bootkoop amper meer behels en dalk meer kophou verg as wat die bekende gesegde, trou is nie perdekoop nie, aandui! Soos die aanskaf van ‘n motor, waar jy eers later in die jare die regte keuse maak, is dit met die bootstorie baie dieselfde. Sonder om nou in baie detail te gaan, moet die volgende faktore in gedagte gehou word. Wat is die doel met die aankoop? Hier word verwys na waarvoor die boot gebruik gaan word. Dis onwaarskynlik dat die jonger outjie kommersieel sal kan visvang, dus sal die boot vir sport en ontspanning gebruik word. In sy geval is dit dus nie nodig vir laatjies nie en ook sal die boot heel waarskynlik redelik lig wees en die motors ook nie so kragtig nie. Die tipe boot behoort egter ‘n maak te wees wat al baie ter see beproef en betroubaar gevind is. Daar is nog ander goed om in gedagte te hou soos byvoorbeeld die trekvoertuig wat gebruik gaan word. Jy moet weet dat dit nie ‘n goeie idee is om stuk-stuk te koop en hoop om so te bespaar nie. Individueel is die onderskeie artikels baie duurder. Dit sal dus betaal om liewer ‘n eenheid aan te skaf. Eendag, wanneer jy dalk moet verkoop sal die teenoorgestelde weer van toepassing wees. Verkoop stuk-stuk en jy behoort ‘n ekstra rand of twee in die sak te steek. Wie jou bemanning gaan wees sal later ‘n belangrike oorweging wees. Ook die finansiële verpligtinge is ‘n bepalende faktor.

Nou kom ek by die eintlike ding  --  jy vang al ‘n paar jaar vis en hét ‘n ordentlike boot. Nou wil jy ‘n amper-bootjie aanskaf  --  so ietsie oor die 3 meter. Die ouens vang dan so baie kabeljou met hierdie goedjies! Versigtig. Hierdie manne ken die see en meeste van hulle ken mekaar. Al wat ek wil sê is dat dit nie sommer vir aanskaf en vang is nie. Daar is voor- maar ook nadele. Die manne wat sukses behaal met hierdie amperbootjies weet waaroor veral hierdie manier van visvang gaan, weet waar dit veilig is en wanneer om waarheen te gaan. Selfs hierdie manne, wat die see goed ken, beland somtyds in ‘n situasie wat, indien hulle nie kophou nie, rampspoedig kan wees. Soos nou onlangs gebeur het. Dan kom ondervinding in die prentjie en hierdie ouens het gelukkig heelhuids daarvan afgekom. Almal  --  wees asb. altyd op die uitkyk vir gevaartekens.

Lekker vang, Seemeeu

Kreef op die spyskaart

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles