Tennisnuus

Marie Nieman en Alta van Niekerk

Gansbaai tennisklub is baie trots op ons 2 dames-lede wat die week van 7-11April in Pretoria aan die Interprovinsiale Tennis Kampioenskappe gaan deelneem het.

Baie geluk aan Alta van Niekerk, wat vir Boland, en Marie Nieman, wat vir Gauteng, in die "twintigjarige"-ouderdomsgroep verteenwoordig het. Albei die spanne waarin die 2 dames gespeel het, het baie goed gevaar, maar kon ongelukkig nie met goud huis toe kom nie. Op Saterdag, 3 Mei, word 'n vriendskaplike wedstryd teen Mount Pleasant klub van Hermanus beplan. Ongelukkig is dit net mans wat gaan deelneem. Spelers wat belangstel, kontak asb vir Daniël.

Sosiale tennis word gespeel op Woendae vanaf 9:30 by die munisipale bane en Saterdae vanaf 14:00 by die skool se bane.

Tennisgroete