Academia skitter op die Sportveld

Die onder 19 seuns sokkerspan saam met Mnr Tommy Wilson, prinsipaal en Mnr Wilton Phillips, afrigter.

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel. Spanne wat geskitter het was die onder 19meisies netbalspan, onder 16 seuns rugbyspan en dan die groot sterre van die dag, die onder 19 sokkerspan met ‘n oorwinning van 18 – 3.

Die volgende leerders het persoonlike prestasies behaal, naamlik Thirney Martin, Suidboland netbal vir onder 16, Bennett Uys, Boland Elite groep vir onder 19, Verryenne van Tonder, Boland Elite groep vir onder 18, Nardie Groenewald, Shaun Memanie en Lenando Mert, Boland Elite groep vir onder 16.

Liezel Mostert

Verryenne van Tonder, Nardie Groenewald, Thirney Martin, Shaun Memanie en Lenando Mert